Читать книгу Eerste gedigte - Antjie Krog - Страница 12

GESALFDE

Оглавление

Eendag sal ek oor die vlaktes na julle toe ry

alleen, op ’n afrikanerkalf

en julle sal onder mekaar sê: Kyk sy’s dan gesalf

want die een wat nou in die rooigras bly

is nat van suiwer doringboomgom.

Julle sal sien hoe rats my

arms julle weerligtonge vang,

hoe my hande hulle ryg en

soos krale om my heupe hang.

Julle sal die skulp van my

woorde teen julle ore druk

en ek sal sien hoe die

soetheid julle oë verruk.

Dan sal julle onder mekaar sê:

kom ons bou drie strooise daar

een vir haar kalf, en een vir haar

en een vir die Blits wat die hamerkop dra.

Eerste gedigte

Подняться наверх