Читать книгу Eerste gedigte - Antjie Krog - Страница 17

POUSE

Оглавление

ek soek na jou deur elke pouse

ek soek na jou op al die trappe

ek soek na jou tussen die blou kadette

ek soek na jou in elke bank en bleiser

ek soek na jou by die roomyskarretjies

tussen al die kinders

ek soek my lewe deur na jou begrip

bly tog by my

want ek is

bang

Eerste gedigte

Подняться наверх