Читать книгу Eerste gedigte - Antjie Krog - Страница 19

VIR JOU

Оглавление

Ek offer vir jou ’n purper duif

Sy krop vol eensaamheid

Sy oë twee leegtes wat staar

deur die tralies om my hart.

Sien jy hoe eerbiedig ek dit vashou

sien jy die halfmane onder my oë

my gebreekte hande . . .

maar ek offer elke dag

vir jou

net vir jou, want ek het jou lief.

Eerste gedigte

Подняться наверх