Читать книгу Eerste gedigte - Antjie Krog - Страница 20

BOKKIE

Оглавление

My bokkie ek en jy

lê onder in die vlei

tussen wilde riet en vry.

Jou lyfie nes ’n bruin viool

gestrek om eers harpuis te kry.

Daar’s bloureën in jou oë

aandblom in jou hare

en uit jou naeltjie peul ware

wit jasmyn.

Ek sny jou mond en drink jou sap

en huil as bloureën uit jou oë tap.

Ek kneus die blomme in jou hare

breek jou fyngestemde snare

en skreeu hardop as ek jou stukkend kap.

Eerste gedigte

Подняться наверх