Читать книгу Eerste gedigte - Antjie Krog - Страница 16

VANAAND

Оглавление

Vanaand is alleen . . .

en Vanaand verlang na jou.

gaan dan na jou kamer

en stuur vir my

die groot duiwe van jou oë.

laat hulle roep . . .

laat hulle ritsel en sirkel oor my kop.

maak oop jou vensters,

kelk jou hande

en laat die warm borsies van my

tintinkies teen jou palms klop.

breek die bruin akkers in jou oë,

snoei jou heinings,

volg my heuningvoëltjies

en kom skink vir my

liefde uit die koel kruike

van jou mond.

Eerste gedigte

Подняться наверх