Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 67

SONDAG 28 FEBRUARIE 2016

Оглавление

Lees eers Psalm 82:1-8

God oordeel die regbank

Hoe lank gaan julle nog onregverdige beslissings vel, nog partydig wees vir die goddelose? (82:2).

GESELSVRAAG: Vertel van jou ervaring van die regstelsel.

“Hoekom word die Tien Gebooie nie meer in die skole geleer nie? Dit lyk selfs asof dit ook uit die kerk verdwyn het. Is dit nie die hoofoorsaak van die huidige misdaadvlaag nie?” vra ’n lidmaat. Dit is nie ’n nuwe gevoel nie. In vandag se psalm word Asaf geïnspireer om God se woord aan die regters oor te dra. In die meeste vertalings word die hemelwesens as “gode” beskryf. Die regters dink hulle is self bo die reg verhewe.

Magistrate en regters moet besef dat hulle eendag voor die groot regterstoel sal moet verskyn. Hulle sal moet rekenskap gee van wat hulle gedoen het, of dit nou goed of sleg was. Mense wat die regte pad geken het maar tog verkeerd gedoen het, sal met dubbele slae geslaan word (vgl. Luk 12:47-48, 1953/1933-vertaling).

Vandag kan ons in die kerk gaan sit en ons verlekker in die sondes van ander. Ons vergeet egter dat ons ons daardeur as regter oor ander aanstel. Ons veroordeel mense so maklik sonder om die ware feite te ken. As ons maar geweet het, sou ons dalk heel anders gevoel het. Die Here weet alles – Hy sal die regte oordeel vel. Daarom moet ons onthou dat die Here nie wil hê dat ons mense sommer moet veroordeel nie (vgl. Luk 6:37).

GEBED: Here, vergewe my dat ek uit onkunde mense so maklik veroordeel. Help my om vir ander tot seën te wees.

Lees vanaand in Psalm 83:1-9 hoe gelowiges soms ervaar dat die hele wêreld teen hulle is.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх