Читать книгу Uit die Beek 2016 - Attie van Wijk - Страница 75

SONDAG 6 MAART 2016

Оглавление

Lees eers Psalm 83:10-19

Net een Here

… laat hulle besef dat alleen U die Naam “Here” het, U, die Allerhoogste oor die hele aarde (83:19).

GESELSVRAAG: Watter aanslae ervaar die kerk in ons tyd?

“Wanneer gaan die kerk sy Kodak-oomblik beleef?” skryf iemand. Kodak het amper 90% van die filmmark oorheers. ’n Kodak-oomblik was die geskikte geleentheid vir ’n foto. Een van sy werknemers het toe die digitale kamera uitgevind, maar Kodak het nie belanggestel nie. Hul missie was mos om films en filmkameras te voorsien. Nie lank nie, toe is Kodak bankrot en tot niet. Hulle het nie hul hoofdoel reg verstaan nie: om mense te help om maklik foto’s te neem. Kan dit dalk ook met die kerk gebeur?

Hierdie psalm herinner die Here aan die oorwinnings van die verlede. Asaf gebruik beelde uit die natuur om die Here te vra om dit weer te doen. Die doel was dat almal moes weet dat daar net een Here is. Dit is dan ook die opdrag aan die Here se kerk. Elke volksgroep moet die evangelie hoor. Daar is nog 7 000 volksgroepe wat geen kerk het nie.

Wat is die hoofdoel van die kerk? Is dit om een maal per week bymekaar te kom en mekaar warm te broei? Of is dit om uit te gaan en ’n verskil te maak in ’n wêreld sonder hoop en sonder God? Ons moet ons hoofopdrag altyd eerste stel.

GEBED: Here, dankie dat ek deel van u kerk mag wees. Gebruik ons om u koninkryk wêreldwyd te laat kom.

Lees vanaand in Psalm 84:1-8 hoe dit goed gaan met mense wat tuis voel in die Here se huis.

Uit die Beek 2016

Подняться наверх