Читать книгу die na-dood - Breyten Breytenbach - Страница 19
gedigmaak gedig
ОглавлениеKraus sê: hoe nader jy die woord wil interpreteer
(jy kan jou wil tot toenadering nie beheer nie)
hoe groter die afstand waarvandaan dit jou
in die gate hou
dis in daardie heen-en-weer
in die niemandsland tussen julle
waar toegewings gemeet en geweeg
dans, waar in voëltaal gepreek word
om die dooies te bekeer deur skyn te penetreer
dat die gang en samesang van ooreenkomste
mag ontstaan en aan mag gaan