Читать книгу die na-dood - Breyten Breytenbach - Страница 9
soos hierdie gedig
Оглавлениеdus ’n verdigsel van myself, die ek
wat soek-soek binne my lewe
en kleindier spartel om dood te gaan,
geluidloos bly skreeuskandeer
vir genadetroos en ’n singende hand
om uit die lewe geskulp te kom:
ek, die kluisenaarkrap van die self,
soos hierdie draggie woorde
’n digsel synstuipsel is
wat waarheid
se vergestalting van weesheid
tot gedig wil verding