Читать книгу Woud van nege en negentig vlerke - Carina Stander - Страница 12
sienkrag
Оглавлениеvroegwinter het sy op die see
van swanger sienkrag gevaar
die noorkapper se neus
was ’n koel spuitgat
waar sy rol en plons en spring
om ’n kalf in Augustus
in die lewe te bring
vasgespoel op die strand
was die reuserugstring
van ’n walviskoei
die vrou was bang om geboorte te skenk
op die aarde: ’n brose hemelliggaam
laatwinter het ’n Heilige Visser
die branders om haar laat bedaar
dáágliks, het Hy aan die vrou gefluister,
word die mens herdoop
in vrugwater en Hoop
om as onsterflike te loop
op ’n deursigtige planeet
dit mag jy van ewigheid tot amen
nooit vergeet