Читать книгу Woud van nege en negentig vlerke - Carina Stander - Страница 7

as tyd soos ’n kraai kon vlieg

Оглавление

Hawaii

as tyd soos ’n kraai kon vlieg

en jy kortpad terug kon kies

sou jy wou sweef saam met ’n rooi ’l’iwi

na ’n berg soos ’n Hoofman

trots geplooi

dié berg is ’n Sigbare Raaisel

soos God

sou jy terugkeer na ’n lavaland

waar selfs die reënboë vreesloos woon

Woud van nege en negentig  vlerke

Подняться наверх