Читать книгу Woud van nege en negentig vlerke - Carina Stander - Страница 4
om op die rug van ’n donkie in die see te swem
Оглавлениеom op die rug van ’n donkie in die see te swem
deur ’n land bo die wolke
oor landskappe van droom
’n pen soos ’n staf in die hand
om bloots op ’n esel oor ’n golf te galop
warrel in die hare
Stormmeeu op die skouer
se vlerk gesprei teen die strale
om saam met ’n hings deur seë te ry
voorkop rug voetbrug gesout
teen die brand van blindwit branders
om borsdiep in ’n woord te toer
die walvis ’n inkvlek op blou papier
wanneer die Windmaker se asem
die water stadig roer
om veerlig te dryf
verse te skryf
die son ’n engelkop
vanaf ’n eselrug aanskou
om die heelal en hemel só dop te hou:
laat my reise voortaan eenvoudig wees