Читать книгу Woud van nege en negentig vlerke - Carina Stander - Страница 5
ons het vulkane sien sluimer onder lakens sneeu
Оглавлениеons het vulkane sien sluimer onder lakens sneeu
herders hoor blaas op ’n trompetskulp –
asems wasem deur die nag
as hulle die kudde uit die koue jaag
twaalf seuntjies op ’n rietboot
het ’n broosgeel bamboes gefluit –
verstom die visse gelok uit die slyk
die vlegselmeisies se voete
kon deurskynende roetes verken
al oor die bergmeer se blou
het ons oë ons hierdie keer bedrieg
of was die herders ook vulkane
kon die visserseuns soms kwik en kwaak
het die meisies geroepsing in ’n kring
het die ouvrou haar oë gesluit
maalklip op die skoot
toe sy die gekraakte kliptafel ontdek
waar God ’n slavin vra om te trou