Читать книгу Woud van nege en negentig vlerke - Carina Stander - Страница 13

Vlam onder die water

Оглавление

25/12

sy onthou ’n Asem oor haar wang

in die windstil namiddag

wanneer sy die Ritseling hoor

en voel hoe ’n reuse-Waterlelie

diep in haar rypsagte buik ontluik

verstaan sy geen tyding of taal

slegs dat ’n Blom bestuif is

en sal dryf in ’n verslete stal

dié nag skiet ’n Saad uit haar hande

reg deur die heelal se helder spiraal

en êrens is ’n kleurmal skare

al die engele en diere

oral saam in één verhaal

die moedermaagd se krip

is meteens slykloos spieëlblink

sodat sy kan drink kan drink

uit die Vlam onder die water

wat haar stil na binne wink

Woud van nege en negentig  vlerke

Подняться наверх