Читать книгу Woud van nege en negentig vlerke - Carina Stander - Страница 6

На сайте Литреса книга снята с продажи.

vulkaanklip

Оглавление

Hawaii

vulkaanklip is die naghemel van ’n eiland

vulkaanklip is swart vlegsels met koper spikkels

vulkaanklip is vuurvlieë in die wonde van God

wanneer puinsteen spat

word die reënwoud

in ’n oogwink

’n blink begraafplaas

skaars ’n armlengte onder jou voet

vloei riviere van vuur

rooi soos Bloed

rooi soos Bloed

Woud van nege en negentig  vlerke

Подняться наверх