Читать книгу Woud van nege en negentig vlerke - Carina Stander - Страница 17

Amatola in die week van verkiesing

Оглавление

beeswagters op dwaalpaaie

klim oor die bogrondse boomwortels

van kalanders en assegaaie

asof oor houttrappe

elke tree ruik na warm kruid

op die bergrif van Geju

oranje klokkieblomme lawaai

en die wildedagga

waai skouerhoog

onder teen die voetheuwels

dut die ronde Xhosahutte

soos rooibruin sampioene

alles soos eeue tevore

maar vannag blaf die honde anders,

skares sing wasemwolk voor die mond:

dis Vryheidsdag dis Vryheidsdag

dis nou of later of nooit

Woud van nege en negentig  vlerke

Подняться наверх