Читать книгу Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe - Страница 12

SOORTE DIABETES

Оглавление

Daar is drie soorte diabetes: tipe 1- of jeugaanvangs-diabetes, tipe 2- of volwasse-aanvangs-diabetes en swangerskapdiabetes (dikwels onder tipe 2 geklassifiseer) wat tydens swangerskap in die ma ontwikkel en aan haar ongebore baba oorgedra kan word. Swangerskapdiabetes neem oor die wêreld heen toe. Vroue wat ’n weerstandigheid vir insulien en gevolglik hoë bloedglukose tydens swangerskap ontwikkel, word met swangerskapdiabetes gediagnoseer. Dit is geneig om tydens die 24ste week van swangerskap voor te kom. Onbeheerde swangerskapdiabetes kan ernstige gevolge vir ma én baba inhou.

Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Подняться наверх