Читать книгу Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe - Страница 7

Feite oor diabetes en positiewe oplossings STATISTIEKE

Оглавление

Volgens die Internasionale Diabetesfederasie (IDF) is daar na raming tans wêreldwyd 382 miljoen mense met diabetes. Dit sal na verwagting teen 2035 tot 592 miljoen toeneem. Daar is ’n geraamde 3,5 miljoen mense in Suid-Afrika met diabetes, van wie ongeveer 50 persent nog nie gediagnoseer is nie. Die meerderheid mense met diabetes is tussen 40 en 59 jaar oud. Diabetes wat swak bestuur word, kan tot ernstige komplikasies en selfs voortydige dood lei. Nagenoeg 85–95 persent van mense met diabetes het tipe 2-diabetes, wat gewoonlik in volwassenheid ontstaan.

Daar word dikwels na tipe 2-diabetes as ’n leefstylsiekte verwys, want risikofaktore sluit vetsug, swak dieet, hoë vlakke van ongesonde of negatiewe stres en fisieke onaktiwiteit in. Mense met ’n familiegeskiedenis van tipe 2-diabetes loop veral ’n groot risiko weens ’n genetiese vatbaarheid wat dui op swak skakels in die ensiemkettings wat verantwoordelik is vir die metabolisme van glukose en vervaardiging, afskeiding en werking van insulien. Mense wat ouer as 40 is, veral diegene wat oorgewig en onaktief is met ’n familiegeskiedenis van diabetes, behoort hulle vastende bloedsuikervlakke minstens een keer per jaar te laat nagaan. Dit kan met ’n eenvoudige vingerpriktoets in enige dokter se spreekkamer gedoen word.

Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies

Подняться наверх