Читать книгу Hanteer diabetes en verwante gesondheidskwessies - Dr Arien van der Merwe - Страница 9
Nou vir die goeie nuus!
ОглавлениеMense met diabetes se bloedsuikervlakke kan doeltreffend bestuur word wat ’n normale, aktiewe lewe met min, indien enige, beperkings moontlik maak. Daar is baie behandelings- en leefstylopsies om gesondheid te bevorder. Die handhawing van bloedglukosevlakke, bloeddruk en cholesterol of eerder lipiede (totale, HDL- en LDL-cholesterol, trigliseriede en homosisteïen) so na as moontlik aan normaal, kan help om komplikasies weens diabetes te vertraag en selfs te voorkom.