Читать книгу Kokkedoor - Errieda du Toit - Страница 13

Ouma Liena se

Оглавление

lewer in suursous

Lewer 4–6 porsies

 Om my ouma se lewer in suursous te maak, het jy sowat 100 g skaap- of beeslewer per eter nodig. Vir dié sousresep gebruik ek 500 g lewer.

 Sny dit in dun repies, geur met sout en peper na smaak en braai dan in ’n warm pan tot bruin aan alle kante.

 Haal uit die pan en laat eenkant rus tot die sous klaar is. Probeer die versoeking weerstaan om aan die lewer te pik.

 Die sous is baie eenvoudig, soos Ouma se kos was. Ek sny 3 groot uie in dun skywe en braai dit stadig in botter en olie tot lekker sag en bruin. Dan voeg ek 125 ml (1/2 k) suiker en 100 ml (2/5 k) asyn by. Ek hou van sjerrieasyn, maar as jy net gewone bruin druiweasyn het, werk dit net so goed. Nou trek ek die sout en peper nader en gooi ook ’n skeutjie Worcestersous by.

 Nou gaan die lewer terug in die sous tot deurwarm. Ouma het my geleer die lewer moet gaar wees. Niemand hou van pienk lewer nie.

Nic onthou:

Kleintyd-kuiers by my ma se ouers, oupa Boet en ouma Liena, het ’n diep indruk op my gemaak. Die kos het gesmaak na die seisoen: groot wit mielies met mieliebaarde en waatlemoen in die somer; nartjies en lemoene in die winter.

Kokkedoor

Подняться наверх