Читать книгу Kokkedoor - Errieda du Toit - Страница 16
Mynhardt Joubert
ОглавлениеKokkedoor-Onthoukok-wenner
Mynhardt onthou:Vrystaatvlaktes en vaal afval vol genade. Mynhardt se Kokkedoor-oudisiegereg van koue afval met peperwortel-mayonnaise en ’n groenslaai het die storie vertel van kinderjare aan die voetheuwels van die Malutis in die Oos-Vrystaat. |
“Daar is net iets aan daardie deel van die wêreld wat sag in my geheue kom lê. Die mistige kloof, geswiep van ’n ysige wind deur lang berggras en ’n vaal wintersonnetjie wat die dag groet. Op so ’n aand is ’n pot vaal afval met koring of growwebrood soos ’n belydenis, ’n vergifnis sonder woorde.” |
Mynhardt sê: “Afval is soos God se genade. Dis soos om ’n groot wit gestyfde tafeldoek op ’n Sondag oop te gooi. Ek hou daarvan om dit alleen te kook en met die pot te gesels en als wat pla saam weg te kook. Al wat dan oorbly, is ’n vrede wat alle verstand te bowe gaan.”