Читать книгу Kokkedoor - Errieda du Toit - Страница 14
ОглавлениеOUDISIEGEREG
Tiaan Langenegger
Kokkedoor-Kinkelkok-wenner
Tiaan onthou:Tiaan sê die inspirasie vir sy Kokkedoor-oudisiegereg – ’n onthoupizza van mosbolletjies en kerrievis – kom uit sy kinderdae. Hy het van kleintyd vakansies en naweke in ’n bakkery op Bettysbaai gewerk. Sy pa bak ook oudergewoonte elke Sondagaand brood vir die week, en dan ruik die hele huis na brood. |
“My ma werk in ’n aftreeoord waar tannie S.J.A. de Villiers (wat Kook en Geniet geskryf het) gebly het. Sy het vir my ’n baie ou uitgawe van Kook en Geniet gegee, wat ek soos goud oppas. Haar kerrievisresep is die beste, terwyl die mosbolletjieresep van Huletts se webwerf kom. Iets oud en nuut.” |