Читать книгу Kokkedoor - Errieda du Toit - Страница 8

Оглавление

ONTMOET

Hetta van Deventer-Terblanche

Kokkedoor-beoordelaar, sjef en kosgeskiedeniskenner


Meer oor Hetta:Hetta het op ’n Swellendamse skaap- en koringplaas grootgeword. As Silwood-student het sy by Topsi Venter op Roggeland gaan werk waar haar passie vir streekkos begin het. Sy doen graag navorsing oor kosgeskiedenis en is net so gelukkig in die argiewe – omring deur ou geskrifte en antieke kookboeke (met haar kenteken-syblom op die kraag) – as in haar blomtuin vol katjiepierings en pronkertjies.
Hetta beskou ons koskultuur as net so ryk soos fynbos, geseën met ongelooflike diepte en verskeidenheid.Hetta onthou: “Outydse soetkoekies laat my terugdink aan die groot inpak en die groot bak vir vakansies by die see. Ek sien nog die ou koekblikke met die rooi of blou strepe. Elkeen in die gesin het sy eie gunsteling- en sy swartskaapkoekie gehad. Hawermoutkoekies vir my pa, soetkoekies vir ons kinders en koffiekoekies vir die gaste. My broer kon ’n gemmerkoekie nie verdra nie.”

“Tannie Myrtle, my peetma, glo tee moet uit ’n mooi koppie gedrink word. Dink ek aan outydse soetkoekies, dan dink ek aan fyn porseleinteekoppies, seevakansies en ’n lekker seergebrande lyf.”

Kokkedoor

Подняться наверх