Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 10

Hoofstuk 5: Lientjie Lieflik

Оглавление

Opsomming

•Die personeel in die koffiewinkel sê tant Malie is altyd kwaad.

•Lien doop haar in haar gedagtes “Moeilike Malie”.

•Sophie studeer eintlik en werk net Dinsdae en Donderdae.

•Lien en Agnes bots by die swaaideur en hulle breek ’n klomp breekgoed en koek spat oraloor.

•Tant Malie sê eers niks, maar tel die gebreekte goed teen vyfuur en bereken die skade. Hulle sal ’n paar dae sonder betaling moet werk, maar Lien protesteer dat dit ’n ongeluk was.

•Tant Malie hou nie van haar houding nie en sê kwaai dat Lien dan maar kan gaan, wat sy dan doen. Lien sê sy sal die geld bring wanneer sy dit het.

•Lien begin aflei dat haar ma “geel”(dronk) van die werk af kom, want sy slaap al weer.

•Tannie Bets bring gereeld vir hulle kos.

•Ds. Gerhard kom onverwags besoek aflê en Lien doop hom “Kuifie”.

•Braam gesels lekker met hom, maar Lien is kortaf.

• Hy bied hulp met probleme aan, maar Lien dink sinies dat hy te lig in die broek is.

•Sy gaan kuier by die gesellige tannie Bets om haar pot terug te gee.

•Tannie Bets weet tant Malie is moeilik en beveel vir Dirkie, die haarkapper, aan vir ’n werksmoontlikheid.

•Lien gaan hoor by hom van werk. Hulle soek iemand vir middae en Saterdae.

•Lien besef sy is so kwaad vir Wouter omdat hy tuisgeraak het onder die ander kinders en sy hom “verloor”. Sy gaan vroeër skool toe om hom te vermy.

Summary

•The members of staff of the coffee shop say tant Malie is always cross.

•Sophie is a student and only works on Tuesdays and Thursdays.

•Lien and Agnes collide at the swing doors and much crockery is broken.

•This means they will have to work several days without pay to make up for the breakage.

•Lien protests calmly and eventually quits, but promises to pay for the breakage.

•Her mother’s alcohol problem worsens.

•Tannie Bets helps them with meals.

•Ds. Gerhard visits them and offers help, but Lien replies curtly and thinks cynically that he is a lightweight. She secretly calls him “Kuifie” (Tuft).

•Tannie Bets recommends Dirkie, a hairdresser, as another possibility for work for Lien.

•Dirkie tells Lien they need someone to help out on Saturdays and in the afternoons.

•Lien is angry with Wouter because he has started to fit in at school and she feels she is “losing” him. She avoids walking to school with him by leaving earlier in the mornings.

Blokkiesraaisel


Leidrade:

1.Dwars: Lien se bynaam vir tant Malie is _____________ Malie.

2.Af: Tant Malie se personeel sê sy is altyd _____________

3.Af: Sophie is ’n _____________ wat deeltyds werk.

4.Af: Lien se min fooitjies laat dink haar aan hulle _____________ yskas.

5.Af: Lien probeer met haar werkery ook genoeg geld vir ’n _____________ oorsee bymekaar kry.

6.Dwars: Die botsing tussen Lien en Agnes by die swaaideure het ’n klomp _____________ laat breek.

7.Dwars: Tant Malie wil hê dat Lien en Agnes vir ’n paar dae sonder betaling moet werk om hulle _____________ af te betaal.

8.Af: Lien protesteer dat die breekskade net ’n _____________ was.

9.Af: Lien dink aan die lysie kruideniersware in haar _____________ wat sy wou aankoop.

10.Af: Uiteindelik is Lien nie _____________ om verder te werk vir iemand wat so onredelik is nie.

11.Dwars: Die _____________ kom onverwags besoek by Lien-hulle aflê.

12.Af: Lien kyk na die _____________ in die kombuis waarmee Braam ’n prys gewen het.

13.Af: As Lien die vrolike sketsie van ’n gelukkige gesin raaksien en dink aan hulle huidige gesinssituasie, is sy bewus van die _____________ (’n stylfiguur).

14.Dwars: Lien noem die dominee in haar gedagtes _____________

15.Dwars: Daar is ’n groot _____________ (’n stylfiguur) tussen die predikant se “strate van melk en heuning” en die werklikheid van “cheap dooswyn en boontjies in tamatiesous”.

16.Af: Braam en die dominee gesels lekker oor _____________

17.Af: Lien neem tannie _____________ se pot terug en kuier ’n bietjie daar.

18.Dwars: Sy drink koffie en eet _____________ saam met die tannie wat eintlik op ’n dieet is.

19.Dwars: Die tannie se woonstel is vrolik en _____________

20.Af: Dirkie en _____________ soek iemand om hulle by die werk te help.

21.Dwars: Millennium Creations is ’n _____________

22.Dwars: Lien is kwaad dat Wouter by die _____________ begin aanpas en vriende maak. (22)

Die spanningslyn

•Wanneer sal Lien vir tant Malie kan terugbetaal?

•Wat gaan van Lien se siniese houding teenoor die predikant word, asook haar algemene negatiewe ingesteldheid?

•Sal sy by die haarsalon werk kry?

•Wat sal van die ligte spanning tussen haar en Wouter word?

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх