Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 11

Hoofstuk 6: A change of scenery

Оглавление

Opsomming

•Lien het nie internet tuis nie en moet die taak se navorsing in die skoolbiblioteek doen.

•Wouter gee vir haar ’n verskoningbriefie met ’n koffie-uitnodiging en ’n Milo Bar en sê dat hulle pals for life is.

•Sy sien vir Riekie en Sanet by hom en voel jaloers.

•Sy en Wouter gaan Wimpy-koffie drink en praat oor hulle irritasie met die uithangery by die matriekafskeid. Hulle loop dit liewer mis. Hy vra haar oordrewe-verspot op sy knieë om saam met hom te gaan. Hulle oorweeg ook onvanpaste klere om die geleentheid daarmee te bevraagteken. Sy voel weer veilig in hulle vriendskap na die baie lag.

•Wouter moedig haar aan om vir die oudisie te gaan.

•Sy voel weer bang om sy vriendskap te verloor.

•Dertig kinders daag by die oudisies op – vir agt groot en twee klein rolle.

•Lien lees Weird Maria se rol.

•Tuis verwonder Lien en Braam hulle aan hul ma wat soos van ouds kosmaak en gesels.

•Dirkie laat weet dat Lien die volgende middag kan begin en sy begin somme maak met wat sy sal kan doen met haar geld.

•Hulle eet en gesels soos ’n normale gesin aan tafel en Braam sê hulle krieketspan soek nog ’n borg.

•Lien sien teleurgesteld dat die wynboks saamgaan kamer toe.

•Die videokyker kyk na ’n man en vrou in deftige aandklere, maar stop dit en pluk die video vies uit die speler.

Summary

•Before school Lien does research on the profession of an attorney using the school library’s internet.

•Wouter hands Lien a letter of apology, along with a Milo Bar and an invitation to Wimpy for coffee. He promises her that they are pals for life.

•Soon afterwards she feels jealous when she sees Wouter chatting to Riekie and Sanet.

•At the Wimpy, Lien and Wouter discuss their irritation with the matric farewell party and consider the option of either staying away or wearing inappropriate clothing. He then asks her in an exaggerated, silly way to accompany him to the matric farewell, which leaves Lien feeling safe in their friendship.

•Wouter encourages her to audition.

•Lien fears losing Wouter’s friendship.

•Thirty learners compete for ten roles. Lien reads the part of Weird Maria.

•That night their mum seems her old self again and they eat supper together at the table. Braam mentions that his cricket team needs sponsorship. Their mum takes the box of wine with her to her room.

•Dirkie lets Lien know that she can start at the hairdresser’s the following afternoon. Lien calculates what she will be ble to do with her prospective earnings.

•The person who watches the home movies looks at an image of a man and a woman in formal attire. This appears to annoy him and he stops the video.

Vrae

1.Watter onderwyser sluit soggens die biblioteek oop? (1)

2.Tukkies is ’n noemnaam vir Die Universiteit van (Johannesburg/Pretoria). (1)

3. Wouter het ’n positiewe invloed op Lien. Watter een van die volgende bewyse is ONWAAR?

a.Hy lag vir die breekgoed-botsing.

b.Hy laat Lien ook lag.

c.Hy maak humoristiese opmerkings.

d.Hy vra haar op sy knieë om met hom uit te gaan.

e.Hy vra haar grappenderwys saam afskeid toe. (1)

4.Dink jy dis goed dat Wouter vir Lien aanmoedig om vir die oudisie te gaan? Sê waarom jy so dink. (2)

5.Watter vrees het Lien oor haar vriendskap met Wouter? (1)

6.Norah sing oor iets wat sy verloor het en waarna sy soek en dat sy dit miskien uiteindelik sal vind. Hoe dink jy, waarna verlang Lien eintlik? (2)

7.Daar daag so baie kinders by die oudisie op omdat (die goeie toneelstuk hulle meegevoer het/hulle hou van juf. Breytenbach/almal hou van ’n bietjie kalklig). (1)

8.Watter een pas NIE?

Die kinders lag vir die maer Miemie Spies se oudisie omdat (sy glad nie soos ’n tert lyk nie/sy so hard bulder/sy so dramaties is/hulle haar wil verkleineer). (1)

9.Agter die verhooggordyn maak die reuke ’n groot indruk op Lien en sy ervaar ’n snaakse ____________ (1)

10.Hulle ma tree tuis onverwags normaal op. Noem enige drie dinge wat sy doen wat haar kinders verbaas. (Daar is agt.) (3)

11.Die spanlid wat die krieketborg vir Braam-hulle se span kry, kry 15% __________________. (1)

Die spanningslyn

•Gaan Lien en Wouter se vriendskap hou?

•Wat gaan hulle na die matriekafskeid toe aantrek?

•Gaan Lien die rol kry?

•Hoe sal dit by die haarkapperwerk gaan?

•Sal haar ma se alkoholverslawing aangespreek word?

•Kan Braam dalk ’n borg vind vir sy krieketspan?

Skryfoefening: Uitnodigingsbrief

Skryf ’n kort informele briefie waarin jy iemand vra om saam met jou na die matriekafskeid te gaan.

Mondeling: Beredenerende toespraak of skryfstuk

Is die matriekafskeid ’n goeie geleentheid om gebalanseerde keuses en waardes uit te leef, of is dit ’n kans om uit te hang met baie duur klere, bykomstighede en vervoermiddels?

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх