Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 7

Hoofstuk 2: Jou standaard-skoolnommertjie

Оглавление

Opsomming

•Lien is teneergedruk op pad skool toe saam met Wouter, haar enigste maat, omdat sy die middag by tant Malie se koffieplek begin werk.

•Tant Malie klink altyd uitasem en beklemtoon elke tweede woord en dit irriteer vir Lien.

•Tannie Bets in hul woonstelblok het vir haar die werk gekry. Die ander moontlikheid was by die haarkapper.

•Lien is al ’n jaar in dié skool en haat steeds die plek.

•Lien skuil deesdae voor skool in die biblioteek vandat Wouter begin meng met die ander kinders. Sy lees op die internet oor ander lande en stede waarheen sy wil gaan: Japan en ook Praag.

•Lien hou die meeste van Engels, oor mister MacMillan se unieke en interessante klerestyl en letterkunde-aanbieding.

•Meneer Bruwer deel hulle in LO na gelang van hul beroepsbelangstellings in taakgroepe.

•In die prokureurgroep is Lien, die maer Miemie Spies, die terterige Sally Swanepoel en die fris, baie stil Hein Venter.

•Sally neem nie deel nie en stel haar bene ten toon en Miemie neem leiding.

Summary

•Lien walks to school with Wouter (her only friend). She feels down because she will start working at tant Malie’s coffee shop in the afternoon.

• Tant Malie’s breathless way of speaking irritates Lien.

•Tannie Bets, who resides in the same block of flats as Lien, organised this job for Lien. Lien’s only other option was to work at the hairdresser’s.

•Lien has been at this school for the last year and still hates it.

•Before school starts, Lien prefers to surf the internet in the library rather than being alone, because Wouter, her only pal, has started mingling with other learners. She reads about countries and cities she would like to visit, like Japan and Prague.

•Lien loves English with Mr MacMillan because of his weird clothes and enthusiastic way of presenting literature.

•In the LO class with Mr Bruwer, Lien is part of the group of learners interested in becoming an attorney. The other learners in this group are rakish Miemie Spies, tartish Sally Swanepoel and quiet Hein Venter. Sally only shows off with her legs, while Miemie shows leadership.


Vrae

1.Lien sien nie uit na die werk by die koffiewinkel nie, want

a.sy hou nie van tant Malie se oranje hare nie.

b.sy wou eintlik by die haarsalon gaan werk het.

c.tant Malie se manier van praat irriteer haar klaar. (1)

2.Wie het vir Lien die werk gekry? (1)

3.Lien kies die koffiewinkelwerk, wat minder per uur betaal as die haarsalon, oor (die moontlike fooitjies/die aangenamer personeel/die mooier plek). (1)

4.Waar of onwaar?

1.1Lien voel gespanne as sy by die skoolhek instap._______________
1.2Sy haat die skool._______________
1.3Sy voel uitgesluit uit geselsgroepies._______________
1.4Die kinders maak nie met haar maats nie._______________
1.5Sy gaan lees in die biblioteek oor plekke waarheen sy graag sou wou vlug._______________

(5)

5.Lien hou van mr MacMillan oor sy ongewone ____________________ , sy interessante _____________________ , en dat hy hom nie baie aan _________________________ steur nie. (3)

INTERTEKSTE ’n Interteks is die verwysing na ’n bestaande teks in ’n ander teks. Soms is dit ’n aanhaling daaruit, of ’n direkte verwysing na die interteks se titel. So word die betekenisse, assosiasies, of agtergrond van die interteks ook betrek in hierdie teks.Die deurlopende lirieke van Norah Jones waarna Lien luister, hierdie paar reëls uit die gedig van Robert Graves, en die heks se woorde uit Macbeth aan die slot van hierdie hoofstuk, is voorbeelde daarvan.Die Engelse gedig wat begin met “Children, if you dare to think” is die gedig “____________________________________________________________” deur Robert Graves. Die gedig moedig ontdekking van die ____________________________ van die wêreld aan, dit wil sê nuuskierigheid en die waagmoed om te _____________________________. Dis juis wat haar aantrek van die Engelse klasse: Mr MacMillan se waagmoed om sy leerders bekend te stel aan die groter wêreld, aan letterkunde buite die kurrikulum. Sy hou ook van sy anderse, individualistiese kleredrag. Dit sluit aan by Lien se droom om ander lande en plekke te gaan ondersoek en so ook te ontsnap uit haar huidige moeilike huislike omstandighede.

6.Hoe oud is Braam? (1)

7.In die LO-klas dink Lien dat sy altyd ’n _______________________ wou word, maar sy dink sy sal nou maar ’n _______________________ in ’n winkel word. Eintlik wil sy net _______________________ wees. (3)

8.KARAKTERS: Skryf inligting uit die teks neer om te sien hoe karakters geteken word. Hoe lyk hulle? Hoe tree hulle op? Wat sê mense van hulle? Miemie Spies: (3)

Sally Swanepoel: (4)

Hein Venter: (3)

9.In Macbeth kom die drie hekse in die donker bymekaar om ’n brousel van allerhande vreemde goed te brou. Hulle voorspel later Macbeth se koningskap en nog later sy ondergang. Kyk gerus vir agtergrond na die volgende You Tube video: Poetry video: The Three Witches from Shakespeare’s Macbeth, performed by Renee LaTulippe:

https://www.youtube.com/watch?v=VY0Hyza6C-U

In Lien se lankstaanskoene is die hekse se vraag oor wanneer hulle drie weer ontmoet en of dit in donderweer, weerlig of reën sal geskied, ook op twee situasies van toepassing.

9.1Waarom moet die drie leerders (sonder die onaktiewe Sally) weer saamkom om iets te doen of te brou? (1)

9.2Die hekse se vraag is ook op Lien, Braam en hulle ma van toepassing. Hulle woon saam, maar elkeen leef apart. Die vraag is wanneer hulle gesin mekaar weer gaan _______________________. Die leser wonder ook oor die omstandighede en moeilike tye (thunder, lightning or in rain?) waardeur die gesin sal gaan. (1)

9.3Macbeth is hier dus ’n _______________________. (1)

Die spanningslyn

•Hoe sal dit met Lien se koffiewinkel-werk by tant Malie gaan?

•Wat sal van Lien en Wouter se vriendskap word?

•Wat sal van Lien se oorsese drome en haar loopbaanplanne word?

•Hoe sal dit met die groeptaak gaan?

•Waarom is Lien onkant betrap deur die vraag of sy ’n prokureur ken?

•Waarom wonder sy of dit hier is waar die haan moet kraai?

•Het sy dalk hier iemand verloën toe sy gemaak het of sy nie ’n prokureur ken nie?

•Sal die gesin mekaar weer vind?

Simbool: ’n Haan wat kraai is ’n simbool van verloëning, dit is ’n verwysing na die Bybelse Simon Petrus wat ontken het dat hy vir Jesus ken. Jesus het voorspel dat Petrus drie keer sal sê dat hy Hom nie ken nie voordat die haan kraai. Net nadat Petrus dit die derde keer gedoen het, het die haan gekraai.Hiermee sê die skrywer dus dat Lien gejok het en dat sy wel ’n prokureur ken. Wie dink jy is dit?

Mini-skryfoefening: Beskrywing

Kyk na die beskrywing van karakters soos op bl. 34 en beskryf ’n tiener in drie sinne.

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх