Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 8

Hoofstuk 3: ’n Kakofonie van klanke

Оглавление
Wie is Prokofiëf? Lees die artikels Prokofiëf se unieke klanke bly bekoor deur Louis Heyneman, asook Prokofiëf, honderd jaar na sy geboorte geëer, KLASSIEKE KLANKE deur Koos Human, beide in Die Burger se argief. http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2003/04/28/DB/4LDNk/08.html http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1991/06/03/6/3.htmlKortliks: Hy was ’n Russiese komponis, pianis en dirigent, een van die groot komponiste van verskeie genres van die twintigste eeu, ten spyte van die tragiese teistering wat hy in sy eie land ervaar het. (Hy het die orkesmusiek van “Pieter en die Wolf” geskryf, asook die balletmusiek van “Romeo en Juliet”.)

Opsomming

•Toe Lien tuiskom, wonder sy geïrriteerd of haar ma werk toe was.

•Haar ma luister in ’n wynwalm na ’n klavierkonsert van Prokofiëf.

•Dit laat Lien die fliek “Dr Somebody” of iets (Dr Zhivago) met sy sneeutonele onthou en sy droom oor Rusland.

•Christien Jooste was mooi, maar het haarself die laaste twee jaar verwaarloos.

•Sy is slordig geklee, sonder grimering en haar hare is ongekam.

•Lien pleit by haar ma om weer klavier te speel, maar sy skud net haar kop.

•Lien skreeu dat sy die klavier vir kos gaan verkoop.

•Tant Malie van die blommerige oumenskoffieplek steek haar dadelik in die werk en rits die reëls en werkwyses af.

•Die ander twee kelnerinne is Agnes, die lange, en Sophie, die ene met die vlegseltjies.

•Lien leer gou dat die oumense verstrooid is en hul bestellings daarom bly verander, en ook baie suinig met fooitjies is.

•Lien maak ’n fout deur die Dinsdag-korting af te trek by nie-pensioentrekkers en die woedende tant Malie wil hê Lien moet dit inbetaal.

•Wouter kom ondersteun vir Lien by die koffieplek en stap saam terug.

•Lien dink met waardering aan Wouter, haar beste pel wat saam met haar by Jakaranda begin het en haar altyd laat lag.

•Braam boer by sy maat, Deon.

•Lien vind haar ma later aangeklam in die sitkamer met haar wynboks en Mozart-musiek.

•Die videokyker kyk na die swartkopvrou se klavierspel en die kinders wat saam sing.

Summary

•Lien doubts whether her mother had been to work.

•Christien Jooste smells of wine and listens to a Prokofiev piano concerto.

•Christien was beautiful once, but now she is dishevelled all the time, without make-up and with uncombed hair.

•Lien begs of her mother to play piano again, but she refuses.

•Tant Malie from the flowery coffee shop has a list of do’s and don’ts for Lien.

•Lien soon learns that the old people are scatter-brained and stingy with tips.

•Lien makes a mistake with the Tuesday discount for non-pensioners. Tant Malie is angry and wants Lien to pay for the loss.

•Wouter supports Lien in the coffee shop and Lien is grateful for his friendship. Wouter walks Lien home.

•Braam spends far too much time with his pal Deon.

•Lien finds her mum in the living room, tipsy, and with her wine box and Mozart playing.

•The chapter ends with the person who watches the home movies. This time it is a video of the dark-haired woman playing the piano, while the two children sing along.

Vrae

1.Waarom is Lien vies vir haar ma kort na haar tuiskoms? Noem twee redes. (2)

2.Lien dink en droom juis hier oor Rusland

a.omdat sy nog altyd soontoe wou gaan.

b.omdat Mr MacMillan hulle daarvan vertel het.

c.omdat haar ma na ’n Russiese komponis luister. (1)

3.Christien Jooste lyk nie meer soos eers nie, want sy verwaarloos haarself as gevolg van (haar kinders/haar werk/haar alkoholmisbruik). (1)

4.WAAR of ONWAAR? Dit ontstel vir Lien so baie dat haar ma nooit meer klavier speel nie, dat sy op haar ma skreeu. (1)

5.___________________________________________ is meestal die kliënte by Malie se Tuin. (1)

6.Tant Malie het twee reëls vir die kelnerinne: Die kliënte moet ________________________________ voel. Kelnerinne moet ____________________________________ en ________________________________wees. (3)

7.Hoe moet Lien die mense aanspreek? (2)

8.Lien ondervind probleme by die werk. Watter een is ONWAAR?

a.Die oumense is verstrooid.

b.Hulle gee min fooitjies.

c.Die ander kelnerinne is onhoflik.

d.Tant Malie is onredelik. (1)

9.Watter van die volgende “foute” van Lien het vir tant Malie woedend gemaak?

a.Sy het Dinsdae se korting vir pensioenarisse gegee.

b.Sy het ’n groot foutiewe bestelling vir die kombuis gegee.

c.Sy het korting vir nie-pensioenarisse gegee. (1)

10.Hoe ontferm tannie Bets haar oor die gesin? (1)

11.Lien voel dat sy soos in Norah se liriek op bladsy 43 ook ___________________________________ vir goed wat sy nie ___________________________________ het nie. (2)

12.Van watter komponis se werk het Lien en Braam al van kleinsaf geweet? (1)

Die spanninglyn

•Waarheen sal Christien se alkolmisbruik lei?

•Waarom wil Christien nie klavier speel nie? Wanneer sal sy weer klavier speel? En “terugkom”, soos Lien sê?

•Hoe gaan Lien geld bymekaar kry met so ’n moeilike baas?

•Wie is die videokyker, wat die seuntjie en hondjies so geniet?

Skryfoefening: Beskrywing

Beskryf in drie sinne die atmosfeer in ’n koffiewinkel. Begin só: “Die kelnerin …” Probeer die atmosfeer uitbeeld. Gebruik jou sintuie en neem waar. Wat hoor ’n mens, wat sien jy, wat ruik jy?

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх