Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 9

Hoofstuk 4: Die meesterstuk

Оглавление

Opsomming

•Juffrou Breytenbach, die Afrikaans-onderwyser, is opgewonde oor die toneelteks wat hulle gaan opvoer.

•Dis gebaseer op die Amerikaanse fliek, The Breakfast Club, uit die tagtigerjare.

•Dit gaan oor die vrese, probleme en drome van ’n groepie detensie-skoolkinders in die biblioteek. Hulle bravade verdwyn soos hul maskers sak en hulle meer insig in hulleself kry.

•Later luister almal geïnteresseerd na die teks, selfs Christiaan, die klasnar.

•Juffrou Breytenbach roep Lien en konfronteer haar reguit maar met begrip oor haar onbetrokkenheid by almal en alles. Sy moet haar probleme uitpluis, nie onskuldige mense daarvoor blameer nie, en die wêreld in die oë kyk. Sy moet ook ’n rol kom lees.

•Lien bied oorbluf haar werk en akademie as verskonings aan.

•Sy is beïndruk met die deurmekaar juffou se insig, maar voel blootgestel.

•Sy word later kwaad oor die juffrou se ontleding van haar.

•Sy ontplof teenoor Wouter, wat haar verder kwaad maak toe hy sê sy oorreageer.

•Haar ma begin tuisbly met skete wat sy as verskonings by Binnelandse Sake aanbied.

•Braam irriteer haar met sy TV-kykery en sy onbehulpsaamheid.

•Sy voel verantwoordelik vir die kos op hul tafel.

Summary

•Juffrou Breytenbach, the Afrikaans teacher, is enthusiastic about their play, based on the eighties movie The Breakfast Club.

•The play is about a group of learners who sit detention in a school library. They face their fears, problems and dreams and gain self-insight.

•Even Christiaan, the class clown, is interested in the text of the play.

•Juffrou Breytenbach confronts Lien about her negative attitude despite her potential. She tells her to sort out her personal problems, face reality and not blame others for her issues. She insists Lien should also audition for the play.

•The teacher impresses Lien with her insight, but at the same time Lien feels exposed and angry.

•Wouter says she overreacts, which infuriates Lien.

•Her mother thinks up excuses to stay at home instead of going to work.

•Lien feels responsible for providing food for the family.

Vrae

1.WAAR of ONWAAR?

1.1Juffrou Breytenbach is opgewonde oor die toneelteks en kry dit reg om almal met die storie te boei.__________
1.2Lien reageer eers negatief op die Amerikaans-gebaseerde toneelteks.__________
1.3Christiaan is nogal flink met sy huiswerk.__________
1.4Juffrou Breytenbach kom deurmekaar voor, maar is oplettend en reguit.__________
1.5Lien presteer nie op skool nie, maar is slim.__________

(5)

2.Skryf die letter van die gepaste stelling uit die regterkantste blok neer.

2.1Lien se werk in die middag________ASy voel blootgestel
2.2Lien het haar onderskat________B’n Verskoning vir toneeldeelname
2.3Lien oorreageer________CMa gaan werk verloor
2.4Woede________DJuffrou Breytenbach
2.5Lien is bang________ELien beland amper onder ’n kar

(5)

Die hoofkarakter en die spanningslyn

Lien luister oorbluf na juffrou Breytenbach se raak ontleding van haar gedrag en reaksies op haar persoonlike omstandighede. Sy voel kwesbaar en word eintlik eers agterna verontwaardig en kwaad. Sy ontplof teenoor Wouter. Eintlik is haar uiterlike reaksie hier so heftig omdat iemand raak afleidings oor haar innerlike emosies kon maak. Lien voel blootgestel.

•Gaan Lien ’n oudisie aflê en ’n rol in die toneelstuk kry?

•Hoe gaan die stuk afloop?

•Wat gaan van Lien se woede teenoor juf. Breytenbach word?

•Sal Lien vir die gesin kan sorg?

Mini-skryfoefening: ’n Lys

Maak ’n lysie van drie verskonings oor waarom jy die dag voor die langnaweek by die skool afwesig was. Gebruik ook ’n bietjie humor.

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх