Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 12

Hoofstuk 7: Effens last season

Оглавление

Opsomming

•Donovan is in beheer by Millennium Creations.

•Hy het ’n moderne klerestyl, is ’n ekstrovert en gee graag bevele.

•Mary Morning Glory werk soggens in Sue-Ellen se plek.

•Dirkie praat min en is ’n goeie luisteraar.

•Donovan skinder lekker saam met die vrouens.

•Dirkie wip hom kort-kort vir Donovan en vries dan plooimond.

•Lien is verantwoordelik vir die telefoon en afspraakboek, vee, drinkgoed, die kombuis, tydskrifte opstapel en netheid van die toonbank en trollie.

•Sy herorganiseer die kombuis en werk hard, maar voel tuis.

•Donovan gee haar krediet, maar sê sy moet onthou dis dalk net tydelik.

•Lien wil haar verniet-haarsny eerder vir haar broer gee, maar Dirkie sê hulle kan albei kom.

•Donovan en Dirkie beplan solank haar nuwe haarstyl.

•Tannie Bets sleep Lien saam na Weigh-Less waar die fyne Mara die mense weeg.

•Oom Faantjie is ’n vriend van Tannie Bets – wat ook al jare gaan weeg.

•Lien wag in die motor terwyl Tannie Bets by ’n sentrum ingaan en Lien hou ’n vrou dop wat met ’n plakkaat bedel.

•Lien wonder oor die sin van dinge. (“Wat is die punt?”)

•Sy kry ’n plan: Braam kan die haarsalon vra om hul krieketspan te borg.

•Uit die kommissiegeld kan hy ’n nuwe denim koop. Sy hoop dit sal hom aanmoedig om sy hare te laat sny.

•Die videokyker kyk na die seuntjie wat met die hondjies stoei. Hy wonder oor die honde wat tog niks verkeerds gedoen het nie.


Summary

•Donovan is in charge at Millennium Creations and he likes to issue commands.

•Mary Morning Glory does the morning shift while Sue-Ellen is on maternity leave.

•Dirkie, the other hairdresser, is a good listener, but Donovan likes gossiping with the clientele.

•Dirkie is repeatedly annoyed by Donovan.

•Lien is responsible for the telephone, the appointments, the kitchen, beverages, and the general neatness of the salon.

•She reorganises the kitchen and feels at home. Donovan praises her, but warns her appointment might be temporary.

•Lien wants to give her free hair cut to her brother, but Dirkie says both of them may have a free cut.

•The two hairdressers plan Lien’s new hairstyle.

•Lien accompanies Tannie Bets to her Weigh-Less meeting. Later, at the mall, she notices a woman begging for money.

•The meaning of life intrigues Lien.

•Lien has a brainwave: she should ask the salon to sponsor Braam’s cricket team.

•Braam could use some of the commission to buy a new pair of jeans. Lien also hopes this will encourage Braam to have a haircut.

•The home movie is of a little boy, playing with his dogs.


Vrae

1.Donovan swaai die septer by Millennium Creations met sy (goue stud/bevelstyl/moderne klere). (1)

2.Watter irritasie beleef Lien oor Donovan se verwysings na Sue-Ellen? (1)

3.Watter kontras is daar tussen Donovan en Dirkie se maniere van kommunikeer? (2)

4.Dink jy dis ’n getroue prentjie wat van ’n haarsalon geskets word: die uitblaker van hul persoonlike goed deur kliënte en die skinderstories by ’n haarsalon? Waarom sê jy so? (2)

5.As iemand nie wil praat nie omdat hy vererg is, soos Dirkie maak as hy hom vir Donovan wip, sê ons hy het s_____________. (1)

6.Lien toon (eiesinnigheid/inisiatief) as sy die kombuis herorganiseer. (1)

7.WAAR of ONWAAR? Motiveer telkens.

7.1Lien is verantwoordelik vir bestellings van haarprodukte. (2)

7.2Lien is na die eerste dag positief oor die haarkapperwerk. (2)

7.3Donovan en Dirkie is onselfsugtige mense. (2)

8.Teen watter swakheid moet tannie Bets heeltyd veg?

a.Haar liefde vir eet.

b.Haar manier om alle mense te vertrou.

c.Haar swak tydsbegrip. (1)

9.Tannie Bets antwoord vir Lien: “Dié wat ek wou hê, kon ek nie kry nie, en dié wat ek kon kry, wou ek nie hê nie.” Wat was Lien se vraag aan haar? (1)

10.Tannie Bets antwoord ook: “Ek leef soos ek wil en ek hoef nie met iemand anders se nonsens opgeskeep te sit nie.”

10.1Met watter situasie vorm hierdie woorde ’n kontras? (1)

10.2Dink jy die woorde hierbo getuig van selfsug? Motiveer. (2)

11.In reaksie op ’n tranerige liedjie oor ’n verlore liefde waar die sanger “whiskey by the bottle” drink, wonder Lien vererg of grootmense dan nie hulle dinge kan “face” nie. Dink jy Lien het simpatie met haar ma se alkoholprobleem? Motiveer. (2)

12.Die stylfiguur (sarkasme/ironie/satire) is van toepassing op die situasie as die oorgewig tannie Bets, pas van Weigh-Less af, stapels Pick n Pay-sakkies vol kos koop, by die arm Lien in die motor klim en dan verby ’n bedelende vrou met ’n plakkaat ry. (1)

13.Braam sê: “Ek laat sny nie my hare by daai plek nie.” ’n Biejie verderaan noem hy dit ook ’n “vroumenshaarkapper”. Waarom, dink jy, reageer hy so hewig? En dink jy dis reg om so te reageer? (3)

14.Waarom doen Lien moeite om Braam om te praat om die haarkappers as ’n borg vir hulle krieketspan te vra? (2)

Die spanningslyn

•Gaan daar spanning tussen die haarkappers ontwikkel?

•Sal Lien kan aanhou werk, of gaan Sue-Ellen terugkom?

•Hoe gaan Lien met ’n nuwe haarstyl lyk?

•Sal tannie Bets haar gewig onder beheer kry?

•Sal Braam sy hare daar laat sny en die haarsalon as ’n borg kry?

Mondeling: Informele klasbespreking

Hoe voel jy oor aanspreekname soos “Engel”, “Skattie” of “Blondie” deur iemand wat jou nie goed ken nie? Is dit noodwendig verkleinerend of seksisties?

Klasdebat

Om ongetroud te bly is iets wat mense sosiaal bevraagteken. Ja of nee?

Mini-skryfoefening: Dialoog

Skryf ’n kort skinder-dialoog tussen ’n ou vertroude kliënt en ’n haarkapper. Elkeen het net twee spreekbeurte en sê een sin op ’n keer. Dink oor elke woord. Skinder is dikwels suggesties.

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх