Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 15

Hoofstuk 10: Iets om die palaat te verfris

Оглавление

Opsomming

•Wouter dink steeds hulle moet net matriekafskeid toe gaan vir die kos en om die grootste fool te gaan kyk.

•Lien sê sy sal daaroor dink, want sy wil eintlik nie nee óf ja sê nie.

•Mr MacMillan is siek en Lien sit en droom oor Skotland.

•Lien is kwaad en jaloers toe sy sien Riekie giggel by Wouter en wil huil.

•Miemie Spies keer haar by die hek voor. Sy sê sy is pas agtien en nooi Lien saam Wimpy toe.

•Lien weet net dat Miemie-hulle in ’n luukse huis bo teen die berg bly en dat sy soggens in ’n swart Mercedes afgelaai word.

•Hulle eet steak en tjips.

•Miemie sê Lien is ook sonder vriende en vat nie twak van die simpel skool nie.

•Miemie vertel later van haar ma, ’n verveelde sepieslaaf met ’n meestergraad in toegepaste wiskunde, maar wat nog nooit gewerk het nie en kosprogramme kyk, maar ’n kok aanhou.

•Miemie se pa het ’n IT-besigheid in Johannesburg en maak baie geld, maar is min by die huis. Tuis sit hy in sy studeerkamer en bou modelvliegtuigies.

•Miemie wil regte gaan doen en het nie erg aan kinders nie.

•Tuis kry sy vir Deon by Braam voor die TV met ’n speletjie en sy ervaar skaamte en skrik oor hulle afgeleefde meubels en min kos.

•Die videokyker kyk na ’n Kersvadertoneel waar die kinders geskenke kry en staar daarna lank onsiende na buite.


Summary

•Wouter still thinks they should attend the matric farewell just for the food and to see who will be the biggest fool.

•Lien is not sure and says she will think about it.

•Mr MacMillan is absent and Lien daydreams about Scotland.

•Lien feels angry and jealous when Riekie giggles near Wouter and she almost cries.

•At the school gate Miemie Spies invites Lien to Wimpy for lunch to celebrate her eighteenth birthday.

•Lien knows very little about Miemie, except that she stays in a luxury house on the mountainside and is driven to school in a black Mercedes.

•They eat steak and chips.

•Miemie says her mum is a bored soapie addict with a Masters in Applied Mathematics. She has never worked and watches food programmes all the time, but they have a chef.

•Miemie’s father has an IT business in Johannesburg. He makes lots of money, but does not spend much time at home. If he is there, he almost never comes out of his study, where he builds model aeroplanes.

•Miemie is interested in studying law and does not want to have children.

•When Lien arrives home she feels ashamed about their rundown flat where Braam has brought his friend Deon.

•The home movie shows a Christmas scene with children receiving gifts. The watcher stares outside, without really seeing anything.

Vrae

1.Waarom wil Lien nie vir Wouter nee sê vir die afskeid nie? (1)

2.Waarom wil sy ook nie ja sê nie? (2)

3.“Mense dink Bloem is so koek”, sê Wouter.

3.1Dink jy dis billik teenoor inwoners om plekke so te etiketteer, byvoorbeeld as verkramp, agter-die-klip, common, rof of koekerig? Waarom sê jy so? (2)

3.2Waarom doen mense dit? (Dink aan die Brakpan-/Bellvillegrappies.) (2)

4.Waarom, sê Miemie, wou sy vir Lien saamnooi Wimpy toe? (2)

5.Waaruit lei jy af dat Miemie se ouers se kommunikasie swak is? (2)

6.Daar is verskeie ooreenkomste tussen Lien en Miemie se huise. Noem drie. (3)

7.Is daar iets vreemds aan Miemie se versoek vir “’n soetigheidjie om die palaat te verfris” na hulle maaltyd van steak en chips? (3)

8.Watter emosies of vrese ervaar Lien as sy sien Braam het vir Deon huis toe gebring? Noem twee. (2)

9.Die lewenswaarheid dat geld nie __________________ bring nie, word deur Miemie se agtergrond gedemonstreer. (1)

Die spanningslyn

•Gaan Lien en Wouter wel na die matriekafskeid toe gaan?

•Hoekom raak Lien jaloers op Riekie? Is sy dalk self verlief op Wouter?

•Gaan Lien ’n vriendin in Miemie vind?

Mondeling: Toespraak

Lien droom hier oor Skotland. Kies enige land of spesifieke stad waarna Lien verwys. Vertel die gehoor van die interessanthede daarvan as ’n toeristebestemming.

Skryfwenke

Lien is so honger soos ’n brommer. (Bl. 92) Die skrywer is hier kreatief met sy eie vergelyking.

Die vaste uitdrukking is: Iemand is so honger soos ’n wolf.

Daar is nog maniere om dit te sê: Hy is so honger hy kan ’n bees verslind. (Bl. 66)

Of: Ek is nou so honger, my mond water eintlik. (Bl. 92)

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх