Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 16

Hoofstuk 11: Julia Roberts sonder die mond

Оглавление

Opsomming



•Juffrou Breytenbach vra dat Lien en nog iemand die rekwisietekamer, waar die dekor en kostuums gehou word, gaan regpak. Lien wink vir Miemie saam.

•Dis stowwerig en deurmekaar en hulle pak die kostuums in bokse.

•Miemie en Lien pas snaakse kostuums en pruike aan terwyl die juffrou weg is en lag dat die trane rol. Lien het lanklaas soveel pret gehad.

•Lien voel tuis en is weer bewus van ’n reuk waarvan sy hou terwyl hulle orde skep.

•Dirkie en Donovan is steeds knorrig.

•Sue-Ellen Swanepoel daag met haar baba by die salon op en vertel hoe moeilik dit met ’n huilende baba is.

•Sue-Ellen en Donovan fluister vir mekaar en hou skuldig op met praat toe Lien naderkom. Dirkie sit eenkant en sê niks.

•Donovan sê teen sluitingstyd vir haar Sue-Ellen gaan die Maandag weer daar begin werk en die baba gaan by ’n tannie bly.

•Hulle sal steeds Lien se hare elke twee maande verniet sny en Braam se span borg.

•Lien sê Donovan moet haar nie weer “Engel” noem nie.

•Dirkie sê op pad huis toe dat hy alles gedoen het wat hy kon, maar Donovan het die meeste aandele in die salon.

•Lien vra ’n agent uit oor die koste om Londen toe te gaan en die moontlikheid van ’n werk in Londen.

•Sy het R10 000 nodig vir die kaartjie, visum en versekering, en R20 000 tydelik in haar rekening as bewys dat sy vir haarself kan sorg.

•Die agentskap help dan ook met werk soek, blyplek vind en die oopmaak van ’n bankrekening.

•Lien besef sy moet beslis ’n werk kry om haar droom waar te maak.

Summary

•Miss Breytenbach asks Lien and a friend of her choice to tidy the props room. Miemie helps her.

•The room is dusty and untidy and they pack the costumes into boxes.

•While the teacher is away the girls try on some of the costumes and wigs. They laugh and Lien enjoys the fun.

•Lien feels content amongst the props and costumes and she is aware of a smell she likes.

•Dirkie and Donovan are still grumpy.

•Sue-Ellen and her baby arrive at the salon and she tells Dirkie and Donovan how difficult it is with a crying baby.

•Sue-Ellen and Donovan whisper to each other and stop guiltily when Lien brings the coffee. Dirkie sits to one side, saying nothing.

•At closing time Donovan informs Lien that Sue-Ellen will be back at work on Monday. Someone will take care of the baby.

•They will still sponsor the cricket team and cut Lien’s hair for free every second month.

•Lien asks Donovan not to call her “Engel”.

•On their way home Dirkie tells Lien he could not prevent her losing her job. Donovan is the majority shareholder in the business.

•Lien consults a travel agency about the possibility of going to London and working there.

•She will need R10 000 for the ticket, visa and insurance, as well as R20 000 in her account temporarily as proof that she can look after herself. The agency will assist Lien with finding employment and accommodation and opening a bank account.

•Lien realises that she needs a job urgently.

Vrae

1.Wat kan die leser van Lien se daaglikse lewe aflei na aanleiding van die aanpas-pret in die rekwisietekamer waar sy “lag soos sy in jare nie gelag het nie”? (2)

2.Verklaar die hoofstuktitel: “Julia Roberts sonder die mond”. (2)

3.Lien wonder hoe Sue-Ellen gewerk kry. Wat laat haar dit dink? (1)

4.Waarom sê die skrywer Sue-Ellen en Donovan het “skuldig” opgehou met fluister toe Lien die koffie bring? (2)

5.Dirkie sê op pad huis toe hy het regtig alles gedoen wat hy kon, maar Donovan het die meeste aandele in die salon. Hieruit kan afgelei word dat hulle baklei het oor

a.Donovan te veel van Sue-Ellen hou.

b.Dirkie vir Lien in die werk wou behou.

c.Sue-Ellen beter as Lien gewerk het. (1)

6.Nou is dit duidelik waarom Dirkie in die vroeëre konflik by die werk vir Donovan ’n “tweegevreet” genoem het: Donovan gee voor dat hy beïndruk met Lien is, maar ____________________ dan vir Sue-Ellen met wie hy close is. (1)

7.Vir wie kan Lien dalk vra om tydelik R20 000 te leen om in haar rekening te lê? (1)

8.Watter tipe werk gaan doen jong mense in so ’n oorsese werksvakansie? (1)

Die spanningslyn

•Sal Lien en Miemie mekaar nog beter leer ken?

•Sal Lien se droom ooit waar word?

•Waar sal Lien weer werk kry?

Skryfoefening: Dagboek

Skryf Lien se dagboekinskrywing die aand nadat sy haar werk by die haarsalon verloor het. Verwys na wat by die haarsalon gebeur het en reageer soos Lien daarop sal reageer. (Sowat 10 reëls.)

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх