Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 6

Hoofstuk 1: Geel en gelukkig

Оглавление

Opsomming

•Lien luister na haar ma se bekende wynskinkgeluide uit die kombuis.

•Haar broer, Braam, hoor dit skynbaar nie en sit net die televisie harder.

•Hulle eet roereier en halfverbrande roosterbrood wat hul ma gemaak het.

•Hulle ma staar “geel en gelukkig” deur die venster na die liggies.

•’n Vioolkonsert blêr oor die CD-speler.

•Die wynboks is die fokuspunt tussen die karige kosvoorraad in die yskas.

•Braam reageer vies op sy giggelende, wankelende ma.

•Hulle ma eet weer nie en gaan slaap in haar klere.

•Lien maak maar self Braam se grys skoolbroek met die vasgekramde soom met blou gare reg. Met Norah Jones oor haar oorfone, spreek sy haar haat vir “hom” in die spieël uit.

Summary

•Lien listens to the sound of her mother’s well-known ritual of pouring wine in the kitchen.

•Her brother, Braam, simply turns up the volume on the TV.

•They eat scrambled eggs and burnt toast, made by their mother.

•Their mother is tipsy, staring at the city lights through the window and listening to a violin concerto blaring from the CD player.

•The box of wine is the centrepiece in the fridge, surrounded by very little food.

•Braam is annoyed by his mother’s giggling and unsteady gait.

•Their mother does not eat supper with them and falls asleep in her work clothes.

•Lien sews the stapled hem of Braam’s grey school trousers with blue thread.

•In her room, while listening to Norah Jones, Lien tells her reflection in the mirror that she hates “him”.

Vrae

1.Die ritueel van wynskinkgeluide in die kombuis laat Lien na Braam kyk en sy wil nie gaan help of gaan eet nie. Dis omdat sy (kwaad/moedeloos/verras) voel. (1)

2.Uit die kos vir etes en die yskasinhoud weet ons die gesin leef op ______________ en ______________ kos. (2)

3.Kies die beste moontlikheid: Hulle ma word hier as “geel en gelukkig” beskryf, maar dit beteken

a.sy voel lekker ontspanne oor haar musiek.

b.sy is aangeklam en luister ontspanne na haar musiek.

c.sy het vrede met haar situasie. (1)

4.Braam reageer vies en sê sy ma moet gaan (vlieg/klavier speel/slaap). (1)

5.As Lien Braam se vasgekramde skoolbroek se soom insit, toon sy die karaktereienskap (bedagsaamheid/verantwoordelikheid/getrouheid). (1)

6.Noem twee bewyse dat die ma nie meer die huishouding goed versorg nie. (2)

7.Lien luister na ________________________ se musiek en ons weet dat sy die woorde “all alone” op haarself toepas omdat dit vir haar voel of die sangeres met haar ________________________. (2)

8.Deur wie word die verhaal vertel? En uit wie se oogpunt word dinge gesien? Watter tipe verteller is dit? (3)

NORAH JONES: Gaan lees meer oor haar op die internet. Watter ongewone ding het Norah op 16 gedoen? Wat was Norah se huislike omstandighede as kind? Let op ooreenkomste met Lien se situasie soos die verhaal ontvou. Watter beroepe beoefen Norah alles? Luister ook na haar musiek.

Die spanningslyn

•Die ma het ’n drankprobleem; waarheen sal dit lei?

•Braam onttrek of antwoord vies en Lien krop haar gevoelens op, sy sê niks of sug: Wat gaan hulle doen?

•Lien sê sy haat ’n manspersoon, maar wie is dit? (Is dit dalk haar pa?)

Mini-skryfoefening: Beskrywing

Dink aan ’n persoon. Beskryf hom of haar in een of twee sinne.

Beskryf dan wat dié persoon in sy yskas sal hê. Dis nie noodwendig net kos nie, want dit toon die persoon se leefwyse en belangstellings en beeld só sy karakter uit. (Nog twee sinne.)

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх