Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 13

Hoofstuk 8: Weird Maria

Оглавление

Opsomming


•Juffrou Breytenbach deel die rolle uit:

Sanet speel Jenny, die tert

Riekie speel Rona

Elma speel Esther

Lien speel Maria, weird Maria

John Toerien speel die windgat Alec

Wian Reynecke speel die moeilike Frederick

Sors Naudé speel die nerd Ben

Christiaan speel David, die hunk

Herman speel die onderwyser, en

Miemie Spies speel die skoonmaker.

•Die ander kinders doen die dekor, ligte, bemarking, kaartjies en kostuums.

•Wouter is in sy skik met Lien. Die oefentye bots met sy ekstra Wiskundeklasse.

•Wouter en sy suster, Yvette, gaan die vakansie by sy pa en stiefma in Bloemfontein kuier.

•Hulle aanvaar die stiefma omdat sy mal oor hul pa is en hulle twee goed saam doen.

•Lien skram weg toe Wouter vra of sy haar pa mis.

•Braam daag ongemaklik op vir sy haarsny.

•Lien vra vir Braam om vir Dirkie en Donovan as borge te vra en verduidelik die konsep.

•Braam verhoog die borgbedrag na R3 000 en Lien sê sy en Braam sal hulle van krieket leer. Oor die kleurekwessie van die hemde kan hul later besluit.

•Braam lyk cool met sy haarstyl.

Summary

•Miss Breytenbach has decided on the roles:

Sanet will play Jenny, the tart

Riekie will play Rona

Lien will play Maria, weird Maria

Christiaan will play David, the hunk, and

Miemie Spies will play the cleaner.

•Other roles will be played by Elma, John, Wian, Sors and Herman.

•The rest of the learners will be responsible for the décor, lights, marketing, tickets and costumes.

•Wouter and his sister, Yvette, are going to visit their father and stepmother – with whom they get along well.

•Lien does not answer when Wouter asks if she misses her dad.

•Braam uncomfortably allows Donovan to cut his hair.

•Lien helps Braam by asking the hairdressers to sponsor his cricket team and she explains the concept to Donovan and Dirkie.

•Braam increases the sponsorship money to R 3 000. Lien offers, together with Braam, to teach them about cricket.

•Braam’s new hairstyle looks cool.

Vrae

1.Watter een pas NIE?

Juffrou Breytenbach is sensitief, want sy

a.betrek die onbetrokke Lien in die stuk

b.sluit vir Miemie, wat baie graag wou toneelspeel, in as skoonmaker

c.laat die klein rolle ook belangrik klink

d.sê die spelers moet solank die stuk deeglik deurlees

e.betrek al die ander by die dekor, bemarking, verkope en kostuums. (1)

2.Hoe verskil Wouter en sy suster, en hulle ma se houding teenoor hulle pa? (2)

3.Wouter en Yvette (hou nou van/hou nie van/aanvaar darem) hul stiefma. (1)

4.Waarom, dink jy, word Lien “koud” en “gaap hom verskrik aan” toe Wouter vra of sy haar pa mis? (1)

5.Die emosie wat eintlik onder Braam se dikbekhouding in die haarsalon lê, is (arrogansie/ verleentheid/woede). (1)

6.Hoe kry Lien vir Braam sover om die haarkappers as die krieketspanborg te vra? (1)

7.Hoe oortuig Lien hulle dat die salon daarby gaan baat? (1)

8.Kies die beste antwoord: Uit al Lien se antwoorde vir die twee haarkappers kan ’n mens aflei dat sy (sosiaal intelligent is/goed kan toneelspeel/kan voorgee). (1)

9.Watter kwessie rondom die borg laat Lien versigtig tot later oorstaan? (1)

Die spanningslyn

•Hoe gaan die repetisies verloop?

•Hoe sal Wouter en Yvette se kuier by hul pa en stiefma verloop?

•Waarom wil Lien nie oor haar pa praat nie?

•Sal die ongewone borgskap werk?

•En hoe sal dit met die kleurkwessie van die hemde en die logo gaan?

Skryfoefening: Informele brief

Skryf ’n informele, eerlike, maar sensitiewe brief vir die ouer by wie jy bly en verduidelik waarom jy nie vir altyd kwaad kan bly vir die ander ouer wat julle verlaat het nie.

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх