Читать книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander - Страница 14

Hoofstuk 9: ’n Rus op die menu

Оглавление

Opsomming

•By die salon is daar dié oggend onmin tussen Dirkie en Donovan.

•Die kombuis is teruggeskuif soos dit was, blykbaar Mary Morning Glory se werk, en Lien skuif weer die bekers nader.

•Dis baie besig en Lien help later hare was in die salon.

•Dirkie en Donovan argumenteer. Dirkie gil dat Donovan ’n tweegesig is en Donovan sê Dirkie is ’n drama queen.

•Donovan betaal haar meer omdat sy ’n ster was en sy kan meer kos koop, asook twee klein sjokolades.

•Braam is die naweek na Deon toe.

•Hulle ma sê sy voel sleg oor Lien kos koop.

•Lien sê haar ma kan weer klavierlesse gee en meer geld maak as by die staatsdepartement.

•Sy konfronteer haar ma en vra waarom sy nooit meer klavier speel nie.

•Uit magtelose woede oor haar ma se stilswye storm sy self na die klavier en speel sukkelend en hardhandig “Die Blou Donau”.

•Na haar woede-uitbarsting gaan slaap sy die middag.

•Haar ma bly in haar kamer en Lien eet alleen aandete.

•Lien voel baie eensaam en wonder oor haar vriende uit haar vorige lewe.

•Sy oorweeg om met iemand kontak te maak, maar besluit daarteen en luister na Norah.

•Die videokyker kyk na ’n toneel waar die man met ’n leer teen die kant van ’n huis opklim en ’n blonde tweelingetjie van die dak afkry, maar die vurige klein donkerkoppie met haar kat kyk anderpad. Die videokyker stop die beeld van die man en gaan raak aan die skerm.

Summary

•On Saturday morning Dirkie and Donovan quarrel in the salon.

•It is busy in the hairdressing salon and Lien helps with washing the clients’ hair.

•Dirkie and Donovan call each other names.

•Donovan gives Lien more money and she can afford to buy more food as well as two chocolates.

•Braam spends the weekend with his friend Deon’s family.

•Christien, Lien’s mother, feels guilty about Lien having bought food.

•Lien confronts her mum about why she does not play the piano anymore.

•In a rage Lien herself hammers out “The Blue Danube” on the piano.

•Lien spends the afternoon sleeping and eats supper alone.

•She feels lonely and contemplates contacting some friends from her previous life, but eventually decides not to contact anyone and rather listens to Norah Jones.

•The home movie shows a man on a ladder perched against the wall of a house, trying to persuade twin blonde girls and another dark-haired girl to come down from the roof. He is unable to convince the fierce little brunette with her cat to come down. The video watcher stops the video and touches the image of the man on the screen.

Vrae

1.Wat is jou reaksie op konflik soos dié tussen Donovan en Dirkie op bladsy 85, waar mense mekaar kamma nie raaksien nie of deur iemand anders met mekaar praat? (2)

2.Watter effek kan uitskelname soos “tweegesig” en “drama queen” op iemand hê? Verduidelik. (2)

3.Watter feit rondom die bakleiery amuseer vir Lien? (1)

Die bekende en gewilde komponis en pianis, Rachmaninoff, moes Rusland op 44 na die Russiese Rewolusie in 1917 met net ’n paar boeke bladmusiek verlaat. Hy word ’n legendariese konsertpianis in Amerika, alhoewel die Russiese regering sy musiek gesensor en verdoem het. http://www.imdb.com/name/nm0006245/bioSjostakowitsj is ook ’n Russiese komponis en pianis wie se lewe en werk onder Stalin en die Russiese pers gely het. Hy het sy hele lewe in Rusland gebly en sy musiek is twee keer verbied. https://www.boosey.com/cr/composer/Dmitri+Shostakovich?ttype=BIOGRAPHYDit is komponiste na wie Lien verwag haar ma die naweek sal luister. Dis interessant dat die komponiste na wie Christien Jooste luister, ook iets van ’n opvallende persoonlike swaarkry ervaar het.

4.Lien bevlieg self die klavier en speel hardhandig en sukkelend omdat

a.haar ma nie meer lief is daarvoor om klavier te speel nie.

b.haar ma bang is om klavier te speel.

c.Lien gefrustreerd is met haar ma wat hulle situasie so swak hanteer. (1)

5.In haar eensaamheid dié aand besluit Lien om niemand te kontak nie. Die klein donkerkopdogtertjie in die video weier ook beslis om van die dak af te kom.

5.1Watter een van die volgende karaktereienskappe sou op albei van toepassing kon wees: (buierigheid/eiesinnigheid/dwarstrekkerigheid)? (1)

5.2Wat sou die verband tussen die twee karakters kon wees? (1)

6.Wat beteken die hoofstuktitel, ’n Rus op die menu? (2)

Die hoofkarakter en die spanningslyn

Binne Lien bou daar algaande spanning oor hulle huislike situasie op. Sy ervaar dus innerlike konflik oor dinge waaroor sy nie beheer het nie: die afwesigheid van ’n pa, konflik tussen haar twee werkgewers, ’n ma wat al hoe meer in alkoholverslawing verval en min kos koop, en syself (Lien) wat al hoe meer kos met haar min geld moet koop. Sy konfronteer haar ma omdat sy nie meer klavier speel nie en Lien bevlieg radeloos self die klavier. Hier kom haar emosie uit in uiterlike konflik met haar ma, al toon haar ma geen reaksie nie, behalwe om agter haar slaapkamerdeur te verdwyn.

•Waaroor baklei Dirkie en Donovan?

•Gaan Lien of Mary Morning Glory die kombuisorganisasie-stryd wen?

•Waar kry Donovan sy noemnaam?

•Waarom wil Christien nie klavier speel nie? En sal sy ooit weer?

•Wat sal word van die konflik tussen Lien en haar ma?

•En wat van Lien se alleengevoel?

Skryfoefening: Dialoog

Skryf ’n dialoog waar twee persone in ’n argument is. Beperk jou tot drie spreekbeurte vir elkeen.

Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT

Подняться наверх