Читать книгу Vers en Vlam - Ilna Stander - Страница 13

die tak vol bloeisels deur Charl J.F. Cilliers

Оглавление

(Bl. 17 in Vers en vlam)

WAAROOR GAAN DIE GEDIG?

Die spreker beskryf ’n tak vol bloeisels se skaduwee teen ’n wit muur.

The shadow of a branch full of blossoms on a white wall is described.

NOG WOORDVERKLARINGS

r. 1 tak (branch)

r. 2 skadu (shadow)

r. 3 muur (wall)

LEES DIE GEDIG

’n Haikoe is ’n digvorm wat in Japan ontstaan het. Dit bestaan tradisioneel uit drie reëls met vyf klankgrepe in die eerste reël, sewe in die tweede en vyf in die laaste reël. Gewoonlik fokus die inhoud op ’n natuurverskynsel en is daar ’n verwysing na een van die vier seisoene. Die digter gebruik dikwels ’n beskrywing van twee beelde – meestal teenstrydig met mekaar.

“die tak vol bloeisels” voldoen aan die uiterlike en innerlike kenmerke van ’n haikoe. Die eerste reël bestaan uit vyf klankgrepe/lettergrepe, die tweede reël uit sewe en die derde reël weer uit vyf. Die “bloeisels” dui aan dat die haikoe na die lente verwys. Die eerste beeld wat vir die leser geskets word, is die tak met bloeisels. Die tweede beeld is die skadu van hierdie tak vol bloeisels teen ’n wit muur. Die eerste beeld bevat kleur en simboliseer nuwe lewe, teenoor die tweede beeld wat ’n donker kol teen ’n wit muur is en geen lewe bevat nie.

ONDERRIGVRAE OOR DIE GEDIG

Met die gedig langs jou, beantwoord die volgende vrae:

1Die titel dui aan dat die haikoe oor ’n tak vol bloeisels handel.

1.1Word ’n tak vol bloeisels in die gedig beskryf? Motiveer jou antwoord. (2)

1.2Evalueer of die titel gepas is. (2)

2Omkring die korrekte antwoord: In die gedig is dit somer / herfs / winter / lente. (1)

3Waarvan is bloeisels simbolies? (1)

4Hoekom, dink jy, is die woord “een-tonige” met ’n koppelteken geskryf? (2)

5Hoe kan “een-tonige” dubbelsinnig geïnterpreteer word? (2)

6Noem die ooreenkoms tussen die skadu en die muur. (1)

7Verduidelik die kontras/teenstelling tussen die volgende. (Wenk: dink aan die simboliek.)

7.1die bloeisels en die skadu (2)

7.2die tak vol bloeisels en die muur (2)

7.3die skadu en die wit muur (2)

8Voltooi die volgende tabel wat illustreer dat “die tak vol bloeisels” wel uiterlik aan die tradisionele haikoe se vereistes voldoen: (4)

Aantal reëls
Klankgrepe/lettergrepe in reël 1
Klankgrepe/lettergrepe in reël 2
Klankgrepe/lettergrepe in reël 3

9Watter natuurverskynsel word in die gedig beskryf? (1)

10Onderstreep die korrekte antwoord om die stelling te voltooi.

Die tema of boodskap is:

A. Die mooi in die lewe is eintlik vervelig.

B. Ons kan maklik die skoonheid van iets miskyk as ons vergeet om op die werklike objek te fokus en eerder na ’n afbeelding daarvan kyk. (1)

11Ervaar die spreker die tak vol bloeisels as iets positiefs? Motiveer jou antwoord. (2)

[25]

SAMEVATTING/TOEPASSING

Die spreker fokus op die skadu van ’n tak vol bloeisels teen ’n wit muur in plaas daarvan om na die tak vol bloeisels self te kyk.

Dikwels sien ons nie die skoonheid van iets raak nie omdat ons nie reg kyk nie. Ons sal eerder na die donker skadu teen die wit muur kyk in plaas van na die kleurvolle tak vol bloeisels.

VERRYKING

Dink aan jou gunstelingseisoen. Skryf nou ’n haikoe waarin jy iets positiefs van daardie seisoen beskryf.

WENKE VIR ONDERWYSERS

Hoe om ’n haikoe te skryf:

•www.creative-writing-now.com/how-to-write-a-haiku.html

•www.litnet.co.za/kompetisie-skryf-die-groot-afrikaanse-haikoe

•www.storiewerf.co.za/skryf/skryf_haiku.htm

•www.youtube.com/watch?v=MfzrAk6EV9c

Vers en Vlam

Подняться наверх