Читать книгу Vers en Vlam - Ilna Stander - Страница 4

1. Inleiding tot hierdie studiewerkgids

Оглавление

Die Afrikaanse uitdrukking “iemand is vuur en vlam” verwys na iemand wat baie opgewonde en entoesiasties is. Die digbundel Vers en Vlam se titel is aan dié uitdrukking ontleen. Dit maak gebruik van woordspeling deur ’n deel van die bekende uitdrukking te behou en ’n ander deel te vervang. Dink aan ’n gedig soos aan ’n vlam. Wanneer ’n vlam aangesteek word, verdryf dit die koue en donker, daar is lig en waarde wat veel verder as die vlammetjie strek.

Vers en vlam stel jou in staat om te beleef hoe Afrikaanse gedigte kreatief, intelligent en vindingryk met die taal omgaan. Jy sal die geleentheid kry om die taal te hoor, te lees en te skryf en só te leer hoe taal gemanipuleer kan word om iets te beklemtoon en bykomende betekenis daaraan te gee. Die doel is nie dat jy die “regte antwoord” sal vind nie, maar dat jy sal leer hoe om te verduidelik waarom ’n woord, frase of gedig ’n bepaalde betekenis vir jou skep. Ook sal jy leer dat gedigte mens kan ontroer, vermaak en jou verbeelding gaande maak. Jy sal ook die geleentheid kry om oor die tema of sentrale gedagte in verse na te dink en te sê of jy daarmee saamstem, daarvan verskil of heeltemal ’n ander mening huldig.

Mag hierdie gids jou begelei om die vlam van elke gedig in Vers en vlam te ontdek.

Vers en Vlam

Подняться наверх