Читать книгу Vers en Vlam - Ilna Stander - Страница 6

3. Hoe om ’n gedig te ontleed

Оглавление

Gebruik die stappe hieronder om “Verhaal” (bl. 36) te ontleed.

•Lees die gedig.

•Slaan die volgende woorde/uitdrukkings se betekenis na en skryf dit bo die woorde op die gedig neer:

–spiraal

–beurtelings

–woning

–gehandel

–aanvaarding

–langsaamaan

–wanhoop

–versmelt

Is daar nog woorde wat jy nie verstaan nie? Slaan die betekenis in ’n woordeboek na.

•Wat, dink jy, beteken elke strofe? Som elke strofe in ’n sin of twee op en skryf dit in die linkerkantse blokkies neer.

•Kyk na die titel, “Verhaal”. Skryf in die Titel-blokkie oor wie en waaroor die “verhaal” wat in die gedig vertel word, handel.

•Watter les wil die gedig oordra? Skryf dit in die Tema-blokkie neer.

•Daar is baie kontrasterende woorde/gedagtes. Dui die kontras aan by elke plek in die gedig waar “kontras” staan.

•Wat is die funksie van die kontras in die strofe? Skryf jou antwoord neer.

•Wat is die funksie van die dubbelpunt in reël 1 en reël 13?

•Lees die gedig hardop reël vir reël of strofe vir strofe. Dui die klanke wat in reël 7 herhaal en ’n voorbeeld van alliterasie is, aan. Kan jy nog voorbeelde van alliterasie en assonansie in die gedig sien?

•Wat is die stemming of toon? Hoe klink die gedig in die eerste agt reëls en in die laaste ses reëls?

•Kan jy beeldspraak identifiseer? Watter vorm van beeldspraak kom in reël 2–3 voor? Wat beteken dit? Kan jy nog voorbeelde van beeldspraak in die gedig identifiseer?

•Daar is veertien reëls. Dui aan watter tipe strofes voorkom: ’n strofe van vier reëls en een van drie reëls.

•Skryf boaan die eerste agt reëls neer wat ’n strofe-eenheid van agt reëls genoem word en skryf bokant die laaste ses reëls wat so ’n strofeverdeling genoem word.

•Vorm die eindrym ’n vaste patroon? Dui deur abc … te gebruik aan watter eindwoorde met mekaar rym.

Oor gedigte moet jy eintlik net TWEE vrae beantwoord: Wat sê die gedig? Hoe weet jy dit?
Vers en Vlam

Подняться наверх