Читать книгу Vers en Vlam - Ilna Stander - Страница 18

Djokjakarta deur I.D. du Plessis

Оглавление

(Bl. 31 in Vers en vlam)

WAAROOR GAAN DIE GEDIG?

Die spreker beskryf hoe die silwersmede in Djokjakarta, ’n stad in Indonesië waar hy ’n geblomde batikdoek vir die aangesprokene gaan haal het, werk. Hy is onseker presies hoe lank gelede dit was.

The speaker describes how the silversmiths in Yogyakarta, a city in Indonesia, work. He was there to fetch a batik cloth with a floral design for the addressee. He is unsure exactly how long ago it was.

LEES DIE GEDIG

Die gedig is ’n kwatryn omdat dit net uit vier reëls bestaan. Die rymskema wyk af van die tradisionele kwatryn se rymskema van aaba omdat dit nou abab is. Hierdie abab-rym word kruisrym genoem.

Die eerste twee reëls van die gedig beskryf wat die spreker van sy tyd in Djokjakarta onthou. Hy onthou hoe die silwersmede geduldig aan die metaal (silwer) gehamer het om juwele en ander items te maak. Let op hoe sekere klanke soos “d” en “t” die geluid van die hamer op die metaal klanknabootsend voorstel. Die ritme versterk ook die geduld waarmee hulle te werk gaan. Dit dra by tot ’n kalm, rustige atmosfeer wat in die stad heers. Die hamergeluid is nie steurend nie, maar eerder gerusstellend.

In die derde en vierde reël noem die spreker die rede vir sy besoek aan Djokjakarta – hy het ’n spesifieke batikdoek met geblomde patrone op vir die spreker daar gaan haal. Dit is duidelik dat sy baie spesiaal vir hom is omdat hy so ’n ver afstand sal reis om daardie item te gaan haal en spesiaal vir haar terug te vat. Die spesifieke batikdoek is dalk net so spesiaal vir haar ook en waarskynlik dink hy terug aan die tyd in Djokjakarta nadat hy dit gesien het.

Daar is egter in versreël 3 ’n mate van onsekerheid oor wanneer hy die doek gaan haal het. Dalk is dit baie lank terug en het hy al sekere detail begin vergeet, of dalk voel dit vir hom of hulle al so lank deel van mekaar se lewens is, dat hy nie die tyd weg van haar af goed kan onthou nie.

ONDERRIGVRAE OOR DIE GEDIG

Met die gedig langs jou, beantwoord die volgende vrae:

1Pas die beskrywing in kolom B by die korrekte woord in kolom A.

Kolom AAntwoordKolom B
1.1DjokjakartaA.silwer
1.2silwersmedeB.mense wat silwer smelt om juwele en ander items daarvan te maak
1.3wit metaalC.stad in Indonesië

(3)

2Watter sintuig in die onderstaande blok word in die eerste twee reëls betrek? Omkring die korrekte antwoord. (1)

reuksintuig tassintuig gesigsintuig gehoorsintuig smaaksintuig

3Watter woord dui die houding van die silwersmede aan? (1)

4Evalueer die funksie van die “d”- en “t”-klanke wat in versreël 1–2 allitereer. (2)

5Noem TWEE tegnieke met behulp waarvan die spreker sy onsekerheid in reël 3 beklemtoon. (2)

6Dink jy dit is moontlik dat die spreker die doek ’n duisend jaar gelede kon gaan haal het? Motiveer jou antwoord. (2)

7Hoe weet ons die spreker praat van ’n spesifieke doek? (2)

8Watter patroon is oorheersend op die batikdoek? (1)

9Voltooi deur “spreker” of “aangesprokene” langs die korrekte nommer te skryf:

Die “ek” is die (9.1 __________________________________) en die “jou” is die

(9.2 __________________________________). (2)

10Dink jy die spreker het regtig spesiaal Djokjakarta toe gegaan om die spesifieke doek vir die “jou” te gaan haal? Motiveer jou antwoord. (2)

[18]

SAMEVATTING/TOEPASSING

Dikwels herinner ’n bepaalde item ons aan die plek waar ons dit gekry het of die persoon vir wie ons dit gekoop het. Daardie item kan so waardevol wees vir die ontvanger, dat dit vir jou voel of jy eintlik spesiaal na daardie plek toe gegaan het om dit vir daardie persoon te gaan haal.

Hierdie kwatryn beskryf so ’n scenario in die spreker se lewe.

VERRYKING

Skryf ’n brief waarin jy iemand bedank vir iets spesiaals wat hulle vir jou gegee het. Dit hoef nie noodwendig baie werd te wees nie, maar verduidelik hoekom daardie item juis so spesiaal en waardevol vir jou is.

WENKE VIR ONDERWYSERS

Lees meer oor Djokjakarta:

•http://www.lonelyplanet.com/indonesia/java/yogyakarta

Lees meer oor batik:

•http://www.batikguild.org.uk/history.asp

•http://www.asia-art.net/indonesian_batik.html

Lees meer oor silwersmede:

•https://en.wikipedia.org/wiki/Silversmith

•http://solomon-silver.com/indonesian-silver-jewelry-traditions/

Vers en Vlam

Подняться наверх