Читать книгу Vers en Vlam - Ilna Stander - Страница 5

2. Wat sê die KABV oor lees en gedigte?

Оглавление
Sien die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal: bl. 13–14, 16–17, 28–33

Twee van die volgende literêre genres moet in graad 10 behandel word: kortverhale, ’n drama, ’n roman en poësie.

Indien gedigte as een van die genres gekies word, moet ses gedigte behandel word en dus in toetse en eksamens formeel geassesseer word. Onderrig poësie en nie net spesifieke gedigte nie. Leerders behoort ook kennis te maak met gedigte vir die genot van die lees daarvan en vir verryking. Die onderrig van gedigte moenie gaan oor die regte antwoord nie, maar oor die interpretasie en persoonlike belewing daarvan.

Die onderrig van poësie behoort nou aan te sluit by kreatiewe skryfwerk en die taalkenmerke van die teks.

’n Gedig behoort as ’n driefase-aktiwiteit hanteer te word:


Die drie fases kan vergelyk word met ’n beker vrugtepons. Gewoonlik lê die stukkies vrugte onder in die beker met heel bo die meer waterige deel en die heerlike sap in die middel. Die waterige deel is dit wat jy eers uit die beker moet gooi om by die middelsap te kom – alles wat kan keer dat jy die teks verstaan, alles wat eers “oopgemaak” moet word. Dan kom jy by die middelsap, die teks self. En onder in die beker lê die stukkies vrugte, die gedeelte waar jy self op die teks reageer, en ook die verryking wat die gedig vir jou bring.

Die formele studie van gedigte vir Eerste Addisionele Taal: Wat moet jy bemeester?

Leerders moet die metataal (terminologie) van die genre kan toepas om die literêre elemente daarvan te verstaan en te waardeer.

•Verstaan die unieke kenmerke van die poësie.

•Wees in staat om die figuurlike en retoriese taalgebruik in poësie te identifiseer en te verduidelik:

Beeldspraakpersonifikasie, vergelyking, metafoor
Stylfigureinversie, simbool, karikatuur, onomatopee/klanknabootsing, ironie, kontras, spot, satire, sarkasme, antiklimaks, eufemisme, hiperbool, woordspeling, metonimia, onderbeklemtoning.

•Verduidelik die kenmerke van soorte gedigte en hoe die volgende verband hou met die tema/boodskap:

versreël- en strofebou, rym, halfrym (alliterasie, assonansie), ritme, refrein, herhaling, beeldspraak en stylfigure

•Identifiseer en verstaan die skrywer/digter se bedoeling.

Die leser van ’n gedig moet die volgende twee vrae oor ’n gedig kan beantwoord:


•Ken die kognitiewe denkvlakke waarvolgens vrae opgestel word. Barret se taksonomie word gebruik by die assessering van gedigte. Buiten in toetse, gaan jy in die Junie- en Novembereksamen oor die gedigte geassesseer word.

Barret se taksonomie (kognitiewe denkvlakke)
Vlak 1LetterlikVrae se antwoorde staan direk in die teks.Wie/waar/hoe het …Beskryf …Identifiseer …40%
Vlak 2HerorganisasieVrae wat ’n herorganisasie, analise of sintese van die inligting in die teks vereis.Maak ’n opsomming van …Groepeer …Gee die verskille/ooreenkomste …Gee ’n oorsig …
Vlak 3AfleidingVrae oor inligting wat nie direk in die teks staan nie, maar geïnterpreteer moet word met bestaande kennis.Vergelyk …Verduidelik …Wat is die oorsaak/gevolg …Wat openbaar die …Dui die beeldspraak aan …Gee die hoofgedagte …40%
Vlak 4EvalueringVrae waarin waardes, houdings en oortuigings beoordeel word.Dink jy …Stem jy saam met …Wat sê dit vir jou …Bespreek krities …Lewer kommentaar …20%
Vlak 5WaarderingVrae wat die sielkundige en estetiese impak van die teks op die leser evalueer.Bespreek jou reaksie op …Wat sou jy …

Met erkenning aan die Departement van Basiese Onderwys vir die inligting uit die KABV-dokument 2011

Vers en Vlam

Подняться наверх