Читать книгу Vers en Vlam - Ilna Stander - Страница 15

die barbaar deur T.T. Cloete

Оглавление

(Bl. 21 in Vers en vlam)

WAAROOR GAAN DIE GEDIG?

In teenstelling met die gemiddelde mens se persepsie van ’n barbaar, beskryf die digter die barbaar as ’n gesiene en vooraanstaande persoon. Hy is ryk en leef ’n gemaklike lewe en is heeltyd in die openbare oog. Juis omdat hy so bekend is en nie soos die stereotipe barbaar verwaarloos lyk nie, is hy onherkenbaar.

Unlike the average person’s perception of a barbarian/savage, the poet describes a distinguished and prominent person as a savage. He is rich and lives a comfortable life and is constantly in the public eye. Because he is so well known and not the stereotypical uncivilised person, he is unrecognisable.

NOG WOORDVERKLARINGS

r. 1 barbaar (barbarian, savage): onbeskaafde, wrede mens

r. 1 onherkenbaar (unrecognisable): wat nie herken kan word nie

r. 2 soggens (in the morning): in die oggend

r. 2 lessenaar (desk): studeer- of werktafel

r. 3 koerante (newspapers): nuusblaaie

r. 7 skare (crowd): ’n menigte mense

r. 11 geoefende (practised): deur oefening so gekom

r. 14 aramisseep (scented soap made by Aramis): seep van ’n uitsoekreeks vir die vooraanstaande man

r. 20 voorsitter (chairperson): die persoon in beheer van die vergadering

r. 23 lyfwagte (bodyguards): persone verantwoordelik vir die veiligheid van ’n belangrike persoon

r. 24 ongewapen (unarmed): sonder wapen

r. 26 struike (shrubs): bosse

r. 28 selde (rarely): net af en toe

r. 28 vrye tyd (free time): tyd vir jouself, sonder enige verpligtinge

r. 31 agterplaas (backyard): deel van die erf aan die agterkant van die huis

r. 34 vooraanstaande (prominent): vername, belangrike persoon

r. 36 bediendes (domestic workers): huishulpe

r. 40 inkomstebelasting (income tax): belasting deur die staat gehef op jou inkomste

LEES DIE GEDIG

Moenie dat die 43 reëls jou afskrik nie!

Die digter sê dat die barbaar onherkenbaar is, maar dan noem hy tog eienskappe waaraan die barbaar herken kan word. Hierdie eienskappe is egter ironies, want dit is nie eienskappe wat die definisie van ’n barbaar as iemand wat onbeskaaf/onopgevoed of wreed is, ondersteun nie. Dit raak duidelik in die gedig dat die barbaar onherkenbaar is omdat hy uiterlik verfynd optree, maar dat hy eintlik ’n barbaar is omdat hy materiële rykdom en aansien najaag. Alhoewel die persoon baie bekend is en die voorsitter van komitees en organisasies is, doen hy dit om raakgesien te word en nie omdat hy werklik aan ander se belange dink of vir hulle omgee nie. Alles wat hy doen, is sodat hy meer openbare aansien kan verdien en deur mense raakgesien kan word.

Die rympatroon is gebroke rym. Die enigste twee reëls wat doelbewus rym, is die eerste twee en die laaste twee. Dié reels is ook ’n herhaling wat beklemtoon dat die barbaar onherkenbaar is omdat hy hom so met die “regte” dinge omring.

Daar is geen hoofletters of punktuasie (leestekens) in die gedig nie. Dit sluit effektief aan by die idee dat die persoon ’n barbaar is. ’n Gedig is tog iets kultureels en verfynds, maar hierdie gedig het geen “verfynde” elemente soos strofes, hoofletters of punktuasie of rym nie. Selfs elemente soos beeldspraak is baie beperk.

ONDERRIGVRAE OOR DIE GEDIG

Met die gedig langs jou, beantwoord die volgende vrae:

1Pas die eienskap in kolom B by die beskrywings wat op die barbaar van toepassing is in kolom A. (5)

Kolom AAntwoordKolom B
1.1netjiese lessenaar (r. 2)A.skynheilig
1.2lei optogte (r. 6)B.georden
1.3reis internasionaal ekonomiese klas (r. 9)C.ryk
1.4glimlag met ’n geoefende gesig (r. 11)D.nie altyd spandabelrig nie
1.5hy het ’n stywe bankrekening (r. 18)E.leier

2Die barbaar “lees koerante van voor tot agter” deur (r. 3).

2.1Wat suggereer die meervoudsvorm “koerante”? (1)

2.2Hoekom, dink jy, lees die barbaar die koerante? (1)

3Onderstreep die korrekte antwoord om die stelling te voltooi.

In versreël 4 word beskryf hoe hy deur ’n bril met getinte glase kyk. Dit simboliseer dat hy …

A.sensitief vir lig is.

B.bybedoelings het wanneer hy iets doen en dus nie werklik is wie hy voorgee om te wees nie.

C.nie wil hê dat mense sy oë moet sien nie.

D.baie geld het en dus getinte glase kan bekostig. (1)

4Skryf DRIE voorbeelde uit die gedig neer wat wys dat die barbaar gereeld in die pers verskyn. (3)

5Wat beteken reël 7: “die skare na sy pype dans”? (1)

6Die volgende beskrywings is ironies teenstellend met die beeld wat die barbaar probeer voorhou.

Verduidelik elkeen.

6.1“met albei sy vet hande groet hy” (r. 10) (2)

6.2“hy borsel gereeld sy geel tande” (r. 12) (2)

7Waarom skeer hy al sy hare af? (r. 15) (2)

8Kies die korrekte antwoorde om die stelling te voltooi:

“’n vetgordel wiel om sy heupe” (r. 17) is ’n voorbeeld van ’n (6.8.1 vergelyking/metafoor) wat impliseer dat hy (6.8.2 maer/oorgewig) is. (2)

9As hy voorsitter is van die “morele higiëne van die volk” (r. 21) beteken dit dat sy morele waardestelsel iets is wat hy as voorbeeld vir die volk kan voorhou. Dink jy regtig hy het ’n skoon gewete en dat sy morele waardestelsel sonder enige immorele element is? Motiveer jou antwoord. (2)

10Onderstreep die een wat NIE by die stelling pas NIE:

Bewyse dat hy ’n stywe bankrekening het, is …

A.hy ry BMW’s en Mercedes Benze.

B.hy het chauffeurs.

C.hy het drie lyfwagte.

D.hy is voorsitter van komitees en organisasies.

E.hy het tennisbane in sy agterplaas.

F.hy het bediendes in uniforms, ’n kok en ’n butler.

G.hy het ’n dubbelverdiepinghuis met ’n mooi tuin. (1)

11Versreël 23 en 24 bevat ’n teenstelling. Voltooi die sinne met die korrekte woorde:

Die woord (11.1 _______________) dui aan dat hy nie bang is nie. Omdat hy nie

bang is nie, loop hy sonder enige (11.2 _______________) rond, maar tog het hy

drie (11.3 _______________). (3)

12Verduidelik die kontras in:

12.1kleurryke sambrele en wit tuinstoele en -tafels (r. 26–27) (2)

12.2“min vrye tyd” en “saterdagmiddae slaap hy” (r. 28–29) (2)

13Wanneer hy gholf speel of saam met vriende tennis speel of kuier, doen hy dit nie bloot vir ontspanning nie. Evalueer die eintlike rede hoekom hy hierdie dinge doen. (2)

14 Waarom, dink jy, kyk hy krieket maar nie sokker nie (r. 32)? (1)

15“hy hou bediendes in uniforms aan” laat dit klink asof hy die bediendes gevange hou en hulle bloot deel van sy string besittings is. Met watter besitting in reël 38 skakel hierdie idee? (1)

16Lewer kommentaar oor die troeteldiere wat hy het. (2)

17Selfs as hy inkomstebelasting (tax) betaal, doen hy dit om raakgesien te word. Haal ’n sinsdeel van DRIE woorde in reël 40 aan om hierdie stelling te ondersteun. (1)

18Die barbaar doen tog dinge wat mense beïndruk. Gee ’n bewys vanuit die laaste 3 reëls. (2)

19Onderstreep die korrekte antwoord om die stelling te voltooi.

Die tema van die gedig is:

A.’n barbaar kan nooit raakgesien word nie.

B.’n barbaar is iemand wat ryk is.

C.’n barbaar is iemand wat so hard probeer om mense deur materiële rykdom en aansien te beïndruk net om raakgesien te word en nie om werklik ’n verskil in ander se lewens te maak nie. (1)

[40]

SAMEVATTING/TOEPASSING

Dit is maklik om agter rykdom en besittings weg te kruip en te maak of jy ’n opgevoede mens is. Al is jy hóé ryk en bekend, maar jy gee voor om opgevoed te wees en ’n goeie mens te wees, sal jy steeds eintlik ’n barbaar wees. As al die uiterlike dinge van jou weggeneem word, sal jou ware kleure sigbaar wees.

VERRYKING

Hou ’n klasbespreking van openbare figure wat dikwels as goeie mense voorgehou word, maar dan later toon dat hulle voete van klei het.

WENKE VIR ONDERWYSERS

Soek ’n paar voorbeelde van bekende figure wat as gevolg van verkeerde besluite aansien verloor het. Dink byvoorbeeld aan Lance Armstrong.

Vers en Vlam

Подняться наверх