Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 46

Kenmerke van ’n ballade

Оглавление

 Dit is ’n digsoort wat vroeër met musiek en mimiek begelei is.

 Dit vertel gewoonlik ’n verhaal in eenvoudige taal en handel oor sake wat die emosies raak, soos liefde, haat, hartseer en ontsteltenis.

 Daar is baie beskrywing en herhaling van woorde, versreëls, selfs strofes, wat ons ’n refrein noem. Dit is ook klankryk met baie voorbeelde van alliterasie en assonansie en het ’n liriese (musikale) inslag.

 Rym en ritme dra by tot die liriese aard.


Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх