Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 54

Voornaamwoorde

Оглавление

Voornaamwoorde kan as plaasvervangers vir selfstandige naamwoorde beskou word. Ons onderskei die volgende voornaamwoorde:

 Persoonlike voornaamwoorde, byvoorbeeld: Ek/jy/hy/sy/ons/julle/hulle/u moet vir die kompetisie inskryf.

 Besitlike voornaamwoorde dui die besitter aan, byvoorbeeld: Dit is my/sy/jou/haar/julle/hulle lewe wat op die spel is.

 Betreklike voornaamwoorde het betrekking op die selfstandige naamwoord wat vroeër in die sin genoem is. Dit kan ook as ’n skakelwoord tussen sinne gebruik word. Byvoorbeeld: Die prinses wat met Vampiro baklei het, is my suster. Die bed waarin sy slaap, is lekker sag.

 Vraende voornaamwoorde staan aan die begin van vraagsinne, byvoorbeeld: Wanneer begin die maan glim? Watter vorm moet ek invul?

 Daar is net twee onpersoonlike voornaamwoorde, naamlik dit en daar, byvoorbeeld: Dit spook, hael, sneeu. Daar is baie mense wat na die prysuitdelingsfunksie gekom het. Die onpersoonlike voornaamwoord dit word gewoonlik saam met natuurverskynsels gebruik, byvoorbeeld: Dit reën, hael en sneeu.

 Onbepaalde voornaamwoorde dui nie op bepaalde mense of aspekte nie. Byvoorbeeld: Daar loop iemand wat die antwoorde ken. Niemand weet waar die vampier wegkruip nie. Niks sal Vampiro van plan laat verander nie.

12. Skryf die persoonlike voornaamwoorde in strofe 1 neer.

13. “Dit begin woes te reën.” Die voornaamwoord “dit” is ’n voorbeeld van ’n . . . voornaamwoord.

14. Skryf die regte betreklike voornaamwoord neer.

a. Die verhaal (oor wat; waaroor) die gedig gaan, is baie oud.

b. Die bed (op wat; waarop) die meisie lê, is baie ongemaklik.

c. Die dorp (van wat; waarvandaan) die meisie kom, is naby Johannesburg.

d. (Oor wat; Waarom) wou die inwoners met die meisie gesels?

e. (Na wat; Waarna) soek die uil?

f. (Met wat; Waarmee) kan ek hierdie maan vergelyk?

g. Waarna; Na wat) verwys die digter?

h. (Wie vir; Vir wie) kies julle om die kaartjie te maak?

Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх