Читать книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht - Страница 53

Afbreek van woorde

Оглавление

 Soms is daar te min plek in ’n reël oor om ’n volledige woord in te pas. Dan mag die woord afgekap word, maar dit moet volgens reëls geskied:

 Onthou dat eenlettergrepige woorde nie aan die einde van ’n reël afgekap word nie.

 Meerlettergrepige woorde word op die volgende maniere afgekap:

 Volgens betekenisvolle dele: eks-avonturier; reken-skap

 Volgens lettergrepe: ma-sels; on-ge-luk-kig

 Tussen tweeklanke (diftonge): makou-eier

 Tussen klinkers (vokale): wa-ens

 Wanneer dieselfde konsonantletters langs mekaar en tussen vokale staan: debat-teer; mon-nik.

 Wanneer n en g langs mekaar staan, word daar altyd tussen hulle afgebreek: en-gel.

 Woorde wat die verkleiningsvorm -tjie kry, word altyd voor die -tjie afgebreek: dogter-tjie.

 Wanneer ’n woord se basis op d of t eindig, en die verkleinwoord met -jie aangedui word, word daar altyd tussen die d of t en die -jie afgebreek: boud-jie; hout-jie.

10. Sommige woorde is by die volgende sinne verkeerd afgebreek. Skryf die sinne oor en breek die woorde op die korrekte plek af.


Die gekro-

kte vlieg-

tuig vlieg rumoer-

ig oor die dorp se ge-

boue. Hy land op

die pad net daar la-

ngs ons huis,

en dis toe dat die her-

rie begin.

11. Skryf voorbeelde van lidwoorde neer uit strofe 2. Skryf die lidwoord neer asook die woord wat bepaal word. Onderstreep dan die lidwoord.

In ’n neutedop en die Taalgids vertel meer van die voornaamwoord.


Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Подняться наверх