Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 62
Lentelied
ОглавлениеSal jy vir my ’n brief skryf, see,
noudat my visarend-vlerk gebreek is?
fiets, fietsie, jy ry alleen in die wind
en jou pedale flits in die lig, leeg
die speke sê blink sê blink sê blink
die onverwerkbare woordjie: pyn.