Читать книгу Versamelde werk: Sheila Cussons - Sheila Cussons - Страница 63
Belofte
ОглавлениеDie lente kom en reeds droom ek
’n feller son en brandende sand
en blindende bloutes van ’n see
en teen die aand se kant
wit kuddes stof en skaap
wat swel en stroom
tussen bepoeierde sipres, knotwilg
en wilderoosbos deur.
Hoe goed om dit te weet: dieselfde
hoeveelheid somer kom vir seker weer.