Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 14

11 Januarie

Оглавление

Matteus 16:24–28

’n Formule vir die lewe

Wat sal dit ’n mens help as hy die hele wêreld as wins verkry maar sy lewe verloor. – Matt 16:26

~

Om aan die lewe te bly het ’n mens kos, klere en ander materiële dinge nodig. Dit moet egter nooit tot die hoogste goed verhef word nie, want dan is jy soos die ryk dwaas wat sy aardse besittings so liefgehad het dat sy siel skade gely het.

Om ’n ryk, vol lewe te ly en nie bloot te bestaan nie, het ’n mens iemand nodig om jou lewe mee te deel. Familie, vriende en geliefdes is noodsaaklik vir ’n gelukkige lewe. Hulle help jou om jouself te leer ken. Gelukkig is hy wat van sy vriende kan sê: “Elke keer as ek bid, dink ek aan jou en dank ek my God […]” (Filem 4).

Jy moet iets hê waarvóór jy leef; ’n taak wat jou talente, jou liefde, jou e­ner­gie en toewyding opeis; ’n taak waarin jy arbeidstrots en -vreugde kan vind.

Jy moet ’n lewende geloof hê wat jou laat uitstyg bo jouself en sin en bete­kenis aan jou bestaan gee. Daarsonder word die lewe ’n doolhof van blinde gange. Met geloof is alle dinge moontlik, want om te glo is om seker te wees van die dinge wat jy hoop, om oortuig te wees van die dinge wat jy nie sien nie.

Bron van ware lewe, leer my om die kosbare gawe van lewe met eerbied te bejeën en dit met verantwoordelikheid te hanteer.

Kies die lewe

Подняться наверх