Читать книгу Kies die lewe - Solly Ozrovech - Страница 9

6 Januarie

Оглавление

Openbaring 21:1–8

’n Tweede kans

Toe sê Hy wat op die troon sit: “Kyk, Ek maak alles nuut.” – Op 21:5

~

Indien jou geestelike lewe in ’n groef verval het en dit die vonkel kortkom wat jy eenmaal beleef het, is dit tyd om volkome eerlik met jouself te wees. Gewoonlik soek ’n mens die fout buite jouself en laat jy nie toe dat die Heilige Gees jou help om binnetoe te kyk nie.

Jy kan probeer voorgee dat jy die noodsaak van ’n lewende geloof ontgroei het en selfgenoegsaam is. Moontlik is jou vriende wêreldgesind en probeer jy met hulle in pas wees. Of deur gebrek aan gebed en Bybelstudie het jy toegelaat dat jou liefde, ywer en geloof afkoel.

Maar Christus se liefde vir jou het onveranderd gebly. Die Goddelike liefde wissel nie met jou veranderende gemoedstemmings nie. Sy liefde is ewig.

Wanneer jy besef hoe ver jy van Hom weggedwaal het, is jy waarskynlik té skaam en verleë om weer na Hom toe te gaan. Moenie in selfbejammering oor mislukkings van die verlede verval nie. Begin weer van nuuts af.

Jesus Christus vereis nie van jou om ’n nuwe geestelike lewe te bou op ou fondamente nie. Sy belofte is onvoorwaardelik: “Kyk, Ek maak alles nuut.” Hy nooi jou tot ’n nuwe lewe in sy krag, genade en liefde.

Here, met u krag en sterkte maak ek elke dag ’n nuwe begin.

Kies die lewe

Подняться наверх