Читать книгу Ontdek God in die stories van mense - Benescke Janse van Rensburg - Страница 8

week 2 . dag 1

Оглавление

Alwetend

Gestel ’n mens se lewe kon met ’n immergroen doolhof vergelyk word. Met jou geboorte stap jy by die een kant van die doolhof in en jou doelwit op aarde is om uiteindelik die prag-waterval in die middel van die doolhof te bereik. Hierdie waterval simboliseer ons ewige tuiste in die hemel.

Sou dit nie baie makliker gewees het om ons pad deur hierdie groen, welige lanings na die waterval te vind as ons ’n kompas om ons nek, ’n kaart in ons sak en ’n tweerigtingradio aan ons sy gedra het nie?

God het reeds hierdie drie elemente vir ons gegee. Wanneer ons tot bekering kom, word die Heilige Gees ons innerlike kompas. Die Woord van God word die kaart wat ons in elke situasie lei en die tweerigtingradio aan ons sy simboliseer die feit dat ons daagliks met God in die vorm van ’n dialoog kan kommunikeer.

God is ALWETEND. In Psalm 33:13 lees ons: “Die Here kyk uit die hemel en sien al die mense. Van die plek waar Hy as koning sit, sien Hy almal wat onder op die aarde woon.”

Van sy troon af kyk God op die doolhof af. Hy sien waar jy vandag stap en weet watter gevare vir jou lê en wag. In Jesaja 31:21 lees ons: “Wanneer jy die regte koers verlaat, sal jy agter jou ’n stem hoor sê: ‘Hier is die pad, loop hierlangs.’ ”

Raadpleeg jy Hom oor jou roete en luister jy wanneer Hy met jou praat?

Ontdek God in die stories van mense

Подняться наверх