Читать книгу Die windvanger - Breyten Breytenbach - Страница 16

8

Оглавление

ontsettende vreugde

nie oor gisters met hulle gleuwe

onverwagse landskapoopmaak

nie oor ’n lang lewe van plesier en pyn

nie eens oor die liefde

van menslywe nie

en nie oor die voorlê van die dood

(want dié sê niks)

maar nou:

daardie wolk, die blaar

die hond se kak

die olyfboom se stam

die wit lourierblom

die geluide van ’n aarde wat draai

in die agteroog nog laas nag se maan se bleik

die ewige uitspansel onder en bo

hierdie reuk van jasmyn en grond en reën

Die windvanger

Подняться наверх