Читать книгу Solank verlange die sweep swaai - Danie Marais - Страница 14

Encore!

Оглавление

As VIP-voyeur by die Huisgenoot Skouspel

in die Super Bowl in Sun City

het ek besef

dit is nie nodig om ’n verhandeling

te skryf oor die verhouding

van die sterre van ligte Afrikaanse musiek

met die ligte Afrikaanse volk nie –

dit is ’n eenvoudige gedoente

wat my aan ’n ou grappie herinner:

Liewe Heksie gaan sit smagtend

op Pinocchio se neus

en jil:

“Lieg, Pinocchio! Lieg!”

Solank verlange die sweep swaai

Подняться наверх